Huishulp dood aangetref in werkgewer se huis

‘n 30-jarige huishulp is Donderdagaand dood aangetref in haar werkgewer se huis in Glenvista, suid van Johannesburg.

“Die vrou se liggaam is Donderdagaand in ‘n kas aangetref,” het konst. Michael Kgatla, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die vrou is van Lesotho. Haar werkgewer het haar in die oggend by die huis gelaat en haar omstreeks 18:00 dood aangetref.”

‘n Geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.