Huishulp plaas foto’s van haarself met gesteelde goed

ʼn Huishulp wat glo haar werkgewers besteel het, het foto’s van haarself geneem en op die selfoonkletsprogram WhatsApp geplaas, min wetend dat haar werkgewer dit kon sien.

André Snyman van die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch, het Woensdag aan Maroela Media gesê die organisasie staan een van sy lede by ná die voorval aan die lig gekom het en die huishulp die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) betrek het.

“Die huishulp werk al ʼn paar jaar lank vir die gesin in Johannesburg. Die gesin het begin agterkom dat items uit die huis weg raak. Hulle betaal gewoonlik haar salaris elektronies in haar rekening en het haar in Desember versoek om na die huis te kom sodat hulle haar salaris vir haar in persoon kan gee. Hulle wou toe met haar praat oor die goed in die huis wat voete kry,” het Snyman gesê.

Die huishulp het glo vermoed waaroor die gesprek sou gaan en het nie opgedaag nie. Sy het die KVBA genader en beweer dat haar werkgewers haar salaris weerhou. Intussen het sy profielfoto’s van haarself geneem en op WhatsApp gelaai. In die foto’s dra sy ʼn sonbril, klere, oorbelle asook ʼn handsak wat uit haar werkgewers se huis ‘verdwyn’ het.

ʼn Saak van diefstal sal aanhangig gemaak word. ʼn Datum vir die KVBA-saak is nog nie bepaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petro Doman ·

Ja siestog, nou is die arme huishulp alweer ONSKULDIG ne! Hulle kla oor salarisse maar het elkeen 2 of 3 selfone (en nie die goedkoop soort nie). En nogal Whatsapp ook. Cool.

Heidi ·

Dis nou slegte behandeling van die werknemer – volgens die werknemer. Maar toe sy die goed gesteel het was dit nie slegte behandeling van die werkgewer nie, dis mos haar reg! Hierdie kultuur in die land wat die voorheen benadeeldes het maak my siek! Alles wat hulle nou doen word geregverdig met die stelling dat hulle benadeeldes is. Ons werk hard vir alles wat ons het, let wel, ons WERK….staak nie, steel nie, ens. maar ons is die bevoorregtes. Ek gaan bly sommer op my eie eiland!

louise ·

Lekka stupet!
My pa het altyd gesê jy mag niks aan hulle doen nie hulle is royal game!

Dikkes ·

Kry vir jou jou slim huishulp. Nogal whatsapp :cwl: het seker mix-it ook, want sy gaan ‘n mix-it nodig kry.

Melanie Giezing ·

My dogter het die selfde vermoed en haar video kamera bo-op haar kas voor die yskas/ waskamer. versteek. Madam, maak die yskas oop drink uit die coke bottel, neem koek sny dik stuk af en lek nogal die mes af. Gaan in Laundry haal haar boy friend se wasgoed uit sak.trek haar panty en bra uit en was dit saam met die wasgoed. Toe sy foto gewys word, stry sy dis nie sy op video nie. Hulle probeer haar net frame! Sy so dom waar sy die mes aflek kyk sy reg in die video kamera.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.