Huishulp red bejaarde uit brandende huis

Argieffoto

ʼn Huishulp van Pretoria het Malie Immelman (92), haar werkgewer se bejaarde ma, Dinsdag uit ʼn brandende tuinwoonstel gered.

Rosina Motaung (48) was besig om haar werknemer se huis in die Moot-omgewing skoon te maak, toe sy Immelman hoor gil, het Beeld Donderdag berig. “Almal was by die werk. Ek het haar hoor gil: Rosina! Rosina!” het Motaung aan die koerant gesê.

Motaung het na die tuinswoonstel gehardloop en gesien die kombuis staan in ligte laaie. Immelman was in haar badkamer toe sy besef het haar kombuis is vol rook.

Immelman se seun Carel (70) was ook in die woonstel, maar kon weens ʼn beenbesering nie sy ma help nie. Hy kon daarin slaag om uit die woonstel te kom, waarna hy onsuksesvol probeer het om die brand met ʼn tuinslang te blus. Hy het sy hande in die proses gebrand.

Intussen het Motaung vir Immelman na veiligheid gehelp, terwyl bure kom help het om gasbottels en ander toerusting uit die woonstel te dra.

Die woonstel het tot die grond toe afgebrand. Immelman moes vir rookinaseming behandel word.

“Rosie is al haar gewig in goud werd,” het ʼn dankbare Deon de Villiers, Immelman se skoonseun, gesê.

Motaung, wat al vir langer as 20 jaar vir die gesin werk, het gesê sy is verlig dat niemand ernstig beseer is nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Gee vir Rosie ‘n midalje, sy verdien dit plus ons almal se respek. Hierdie vrou doen alles in haar vermoë en red ‘n ou tannie van ‘n vlammedood terwyl ander skurke sulke weerlose mensies verkrag, vermoor en verbrand. Dankie Rosie ons eer jou.

Wilma Venter ·

Rosina…. mag Jesus jou vir baie jare nog spaar as Huishoudster vir die Immelmans… Wees geseend… en baie baie dankie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.