Huishulp slaan kind glo erg met belt

ʼn Huishulp het vroeër die week in die hof verskyn nadat sy ʼn tweejarige dogtertjie glo erg aangerand het met ʼn belt.

LookLocal Middelburg berig dat Sali Agnes Mkhwebane (40) aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Mkhwebane het die tweejarige glo in Maart vanjaar erg aangerand. Haar ouers het blou merke op haar rug ontdek nadat sy deur Mkhwebane opgepas is. Mkhwebane het tydens ʼn vorige hofverskyning erken dat sy die kind geslaan het maar het ontken dat sy haar ernstige leed wou aandoen. Dr. Cecil Keys het vroeër die week in die hof getuig dat die tweejarige se beserings toegedien is met ‘n lineêre voorwerp soos ʼn belt of ʼn plank.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemsbok ·

Dis seker wat gebeur wanneer die huishulpe ons kinders grootmaak.

Paul Joubert ·

Die woord “belt” is van die Latyn “balteus” afkomstig en is in die Germaanse tale opgeneem van daar af. Die woorde “gordel” en “lyfband” word moontlik as meer “suiwer” gesien, maar dit beteken nie dat “belt” nie ‘n aanvaarde Afrikaanse woord is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.