Huishulp steel glo R1 miljoen uit werkgewer se huis

Grafika: http://lifeissavage.com Madam & Eve is karakters geskep deur Stephen Francis & Rico

ʼn Huishulp het glo R1 miljoen wat in ʼn linnekis in haar werkgewer se huis in Kaapstad versteek was, gesteel, het The Star Dinsdag berig.

Linda Mabhengu is van diefstal aangekla nadat sy die geld glo van haar werkgewer, Harold Manus, in Plattekloof gesteel het. Sy het na bewering van die geld gebruik om ʼn kar en huis te koop. Manus beweer dat sy die R1 miljoen gedurende die ses jaar wat sy vir hom gewerk het, gesteel het, alhoewel sy slegs vir die diefstal van R150 000 aangekla word. Luidens die verslag het die Asset Forfeiture Unit haar huis en motor bygevoeg. Mabhengu is betrap toe ʼn man wat homself as haar eggenoot voorgedoen het, Manus in Mei 2010 geskakel het en hom daaroor ingelig het. Manus het Mabhengu toe na die polisiestasie in Parow geneem waar hy ʼn kriminele klag teen haar gelê het. In ʼn verklaring aan die polisie het sy glo skuld erken op R150 000. Mabhengu het sedertdien verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.