Huishulp, vier mans vas ná gru-moord op ma

Andrew en Carmen Manthe met hul babadogtertjie. Die foto word geplaas met goedkeuring van die familie

Vier mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem in verband met die grumoord op Carmen Manthe (37).

Mathe, haar 11 weke oue baba en haar ma is op 21 Mei by hul huis in Willowvale in die Oos-Kaap deur drie mans met byle aangeval. Carmen was in die stort toe sy aangeval is en het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy is ʼn week later in die hospitaal oorlede. Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die vier mans, tussen die ouderdomme van 29 en 35, is Vrydag in Dutywa in hegtenis geneem. Die vrou, die Manthe’s se huishulp, is in Willowvale in hegtenis geneem. Manatha sê die vier mans sal van moord en huisroof aangekla word terwyl die huishulp van sameswering tot moord aangekla sal word. Die vyf verdagtes sal na verwagting Maandag in die Willowvale-landdroshof verskyn.

Gerrit Potgieter, ʼn vriend van die familie, het vroeër aan Maroela Media vertel Manthe se man, Andrew, met wie sy verlede jaar getroud is, is erg getraumatiseer deur die voorval.

Lees ook:
Jong ma sterf ná wrede aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gemsbok ·

Mens is maar net baie veiliger sonder ‘n huis- en tuinhulp as met hulle.

Paul ·

Moet ‘n mens nie nou maar begin om op te tree as hierdie gemors drie-drie in jou omgewing saamdrom om hulle as verdag te rapporteer nie.

Flash ·

O Here ek bid dat U self hierdie moord sal wreek en aan die boosdoeners besoeking sal bring. Vader ons hartseer, skok en afsku van die bose ken geen perke nie. Here! Help!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.