Huishulpe ontevrede met verhoging

Die Suid-Afrikaanse huis-en-dienswerkersvakbond (Sadsawu) het Dinsdag gesê hy is ongelukkig met die lae verhoging wat werkgewers verplig is om hul huishulpe te betaal.

Die departement van arbeid het ‘n nuwe minimumloon aangekondig wat van 1 Desember in werking sal tree. ‘n Huishulp, wat minder as 27 uur per week werk, moet R10 per uur verdien, wat beteken dat hulle maandeliks ‘n ekstra R100 sal verdien, berig EWN. Voltydse huishulpe moet ten minste R1 700 per maand verdien en hul eweknieë in plattelandse gebiede ‘n minimum van R1 400 per maand. Myrtle Witbooi, woordvoerder van Sadsawu, het gesê die verhoging is “pateties”. “Ons wou baie meer as dit gehad het. Ons is glad nie tevrede nie. Hoe gaan R100 hulle help?” het Witbooi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

henry ·

Wel dan gaan daar meer en meer huishulpe sonder werk sit, mens kan nie meer bekostig om iemand voltyds te hou in elke geval nie.

P O'Kelly ·

Hulle kry nou ‘n salaris , hoe gaan geen werk die huishulpe help?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.