Huismoeder in hof ná sy glo kinders vergiftig

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huismoeder (58) van ʼn kinderhuis in Pretoria, verskyn Maandag in die Pretoriase landdroshof in verband met die beweerde vergiftiging van 16 kinders.

Maroela Media het Sondag berig die vrou is in hegtenis geneem nadat die kinders siek geraak het. Die huismoeder het glo Donderdag ʼn poeier by die kinders se middagete ingewerk. Hulle het daarna vomeer en loopmae gehad. Vyf van die kinders, tussen twee en sewe jaar oud, is steeds in die hospitaal.

Die vrou werk al vier maande lank by die kinderhuis. Die vergifting hou moontlik verband met betaling.

Lees ook:
Huismoeder vergiftig glo weeskinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hanlie ·

Nou vra ek jou….wat het die arme kinders aan haar gedoen? Is dit miskien hulle skuld dat sy nie betaling gekry het nie? Regtig – sy hoort nie na kinders te kyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.