Huismoeder vergiftig glo weeskinders

Argieffoto

Argieffoto

‘n Huismoeder by ‘n kinderhuis in Pretoria is in hegtenis geneem in verband met die beweerde vergiftiging van 16 kinders, het die Sunday Times berig.

“Ons was so bekommerd. Hulle het vomeer en gehuil,” het Johanna Mashapa, hoof van die kinderhuis, gesê. “Hulle het loopmae gehad en was so siek.”

Mashapa sê die 58-jarige huismoeder, wat vier maande lank by die kinderhuis gewerk het, het glo Donderdag ‘n poeier by die kinders se middagete ingewerk.

Vyf van die kinders, tussen twee en sewe jaar oud, is steeds in die hospitaal. Mashapa het gesê die vergifitiging hou moontlik verband met betaling.

Volgens die Sunday Times het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, gesê die vrou is aangekla van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en sy sal Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.