Huispryse styg

Die gemiddelde huisprys het die afgelope jaar met 5% gestyg.

Die verbandinisieerder, Ooba, het Maandag gesê die eiendomsmark kry meer vertroue en dat huispryse in die volgende jaar ʼn positiewe groei gaan toon.

Die gemiddelde huisprys was in Januarie vanjaar R894 510, waar dit in 2012 R850 589 beloop het. Volgens Ooba word die mark word deur huiskopers gedryf wat vir die eerste keer eiendom aanskaf.

“Die huidige marktoestande word ondersteun deur laer rentekoerse, eiendomsinflasie en verbeterde huisleningsbeleide,” het Ooba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.