Huldeblyke stroom in vir Apple-medestigter Steve Jobs

Die foto van Steve Jobs verskyn op Apple se webtuiste. Foto: Apple

Huldeblyke stroom in na die dood van die medestigter van Apple-rekenaars, Steve Jobs, wat in die ouderdom van 56 aan pankreaskanker oorlede is.

Jobs se dood kom kort nadat hy in Augustus sy uittrede as bestuurshoof van die Apple-maatskappy aangekondig het. Die president van Amerika, Barack Obama, het Jobs geloof as een van die VSA se grootste innoveerders. Met Jobs aan die stuur van die maatskappy het onder andere die iPod-speler, die iPhone en die iPadtabletrekenaar die lig gesien. Bill Gates sê Jobs se impak sal geslagte lank onthou word. Jobs is in 2004 met kanker gediagnoseer. Hy word oorleef deur sy vrou, Laurene, hul vier kinders en ‘n dogter uit ‘n vorige verhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.