Huldeblyke stroom in vir rugbyspeler

Morné en sy vrou Cindy. Foto: Facebook

Huldeblyke stroom in vir Morné van der Merwe, ‘n voormalige stut van die WP en Stormers, wat Vrydagoggend weens kanker oorlede is.

Van der Merwe (39) is twee jaar gelede met ʼn kwaadaardige breingewas gediagnoseer. Die Stormers het op Twitter gesê: “RIV Morné van der Merwe. Ons medelye aan sy familie en vriende.”

Rob Wagner, die uitvoerende hoof van WP Rugby, het sy medelye vir Van der Merwe se vriende en familie uitgepreek. “Dit is altyd hartseer om ʼn lid van die WP Rugby-familie te verloor. Ons sal hom onthou as ʼn brawe man wat ook ʼn goeie spanmaat was.”

Van der Merwe het 11 wedstryde gedurende 2001 vir WP uitgedraf. Hy het 28 wedstryde vir die DHL WP tussen 2000 en 2004 gespeel. Hy het sy rugbyloopbaan in Wellington, Nieu-Seeland, afgesluit en saam die voormalige All Blacks haker, Norm Hewitt, gespeel. “Hy was ʼn baie goeie man en hy was ʼn baie goeie stut. Ek beskou hom as een van die top-stutte saam met wie ek in my loopbaan gespeel het,” het Hewitt gesê.

Van der Merwe laat sy vrou, Cindy, en twee jong seuns, Josh en Matt, agter. Die begrafnisreëlings moet nog bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.