Huldeblyke stroom in vir Zak van Niekerk

Lees ook “Spoed dalk oorsaak van ongeluk waarin sanger sterf”

Die foto is deur @_ArriveAlive op Twitter gelaai.

Huldeblyke stroom in op sosiale netwerke vir die Afrikaanse kunstenaar Zak van Niekerk wat Vrydagmiddag in ʼn motorongeluk oorlede is naby Sasolburg in die Vaaldriehoek.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê Van Niekerk was die bestuurder van ʼn bussie wat reg van voor teen ʼn motor gebots het op die R59 in Sasolburg. Van Niekerk is op die toneel dood verklaar. Sy passasier, glo ʼn klankman, is ernstig beseer en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hy het volgens berigte later aan sy beserings beswyk. Die bestuurder van die ander motor is lig beseer. Van Niekerk was glo op pad na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat Saterdag begin. Intussen het boodskappe van meegevoel begin instroom op die sosiale netwerke Facebook en Twitter. Die sangeres Juanita Du Plessis het geskryf: “Dis verskriklik van Zak van Niekerk…Ek kan dit nie glo nie!!! My gebede gaan uit na Sonja en familie.” Die sanger en Jukebox-aanbieder Pieter Koen het geskryf: “Zak van Niekerk RIP my goeie ou Mater! Laat jou bekfluitjie in die hemel weergalm! Gaan jou baie mis…” Margit Meyer-Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla, het geskryf: “Dis so sad- nog ‘n vriendelike reus word uit die woud gekap. R.I.P Zak van Niekerk.” Die sanger Willem Botha het ook op Twitter sy skok uitgespreek: “Geskok! Zak van Niekerk is sopas oorlede in ‘n motorongeluk op pad na KKNK. Kan dit nie glo. Ons is familie! My gebede gaan aan sy vrou & kids!” Die sanger Wicus van der Merwe het ook afskeid van sy vriend geneem: “My goeie vriend Zak van Niekerk is vanmiddag van ons weggeneem….. My hart gaan uit na Sonja & die kleintjies.” Van Niekerk word oorleef deur sy vrou, en twee klein kinders.

Zak van Niekerk. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Letitia ·

So jammer om te hoor van Zak se afsterwe. R.I.P ou grote
Sterkte aan sy familie

Janette Reynen ·

Zak van Niekerk, mag jy aanhou sing en bekfluitjie speel in die Hemel en ons sal jou hoor, Sonja my innigste simpatie vir jou en kiddies met julle verlies, Mag Jesus se liefde julle omvou met Sy liefde onthou skatjie dis nie vaarwel nie, maar net koebaai tot later. Rus in Vrede Zakka

amanda faber ·

dis is so hardseer. hoekom moet al ons afrikaanse sangers op sulke tragiese wyse sterf. ek dra zak se mensies in my gebede. eendag sal julle weer saam wees.

Paula Moore ·

With great sadness I learned of Zak Van Niekerk’s accident and death.
He will be fondly remembered, and I especially will miss his music. I have 7 CD’s of Zak, each one
was autographed by Zak. When Zak appeared at the Weenen Show, I had the privilage of playing my harmonica with Zak, he accompanied me on his guitar. (Skop daai Boude) I will never ever forget that.
I still play and will do so in memory of Zak. RIP My condolences go out to his wife small children – his parents and friends. Your music will continue……………………..

Sonei Von Brandi's ·

Zak van Niekerk…….ongelooflike talent, humor sin, hart van goud en n man wat Ons troue NOG meer spesiaal gemaak het. Onvergeetlike goeie herrinneringe. Ons innige simpatie met sy familie. Ons vertrou Ons hemelse Vader hou julle styf in Sy arms vas.

Izabel Engelbrecht ·

Baie hartseer, mag onse Hemelse Vader sy familie styf vas hou en hulle troos met sy liefde en berusting.
sal jou mis !!!

delene Mostert ·

Die Die Vader van Liefde vir Sonja, haar kindertjies, familie en vriende die Vertroosting bied in hierdie hartseer tyd wat is en nog sal kom.

Fanie ·

mag ons Hemelse PAPPA vertroosting bring in die donker en hartseer tyd.PAPPA VADER GOD die naam bo alle name,my gebed is dat U Zak se famielie sal toevou in n kombers van vertroosting en dat die Engele hul sal sterk hou.

Zak was so n goeie mens

Dawie du Toit ·

My gebede gaan aan sy gesin en friende ons gaan die mooi musiek baie mis.

hester kuhn ·

Mag die Hemelse Vader Sy vertroostende hand oor julle hou! Daar is ‘n groot gat daar waar Zack was, die hele land gaan hom mis, Hy was een uit ‘n miljoen!!!! Sterkte aan die familie, ons gebede, gedagtes en harte is by julle!!!!

Debbie & Herbert Williams ·

Ons is so geskok om die nuus te hoor, ons is oorsee en al jou grappies en musiek gee ons krag wanneer ons die familie terug in sa verlang, so baie baie jammer, dis baie hartseer, al ons gebede gaan uit vir die familie, Zak jy sal gemis word en sal vir ewig in ons gedagtes en harte lewe!

Mauneen en Rudolph du Plessis ·

Sonja, baie jammer om te hoor van ons maatjie, Ons gaan hom baie mis op die skoue. hy was een van die beste wat enige een voor kon vra. Jy word opgedra in al ons gebede, en ons harte gaan uit vir jou en die kinders, asook vir sy ouers. Mag daar vir jul vrede kom in die tyd wat vorentoe is. Baie liefde aan jul almal.
Rudolph en Mauneen du Plessis.

Dalese ·

DIS VERSKRIKLIK, SONJA BAIE STERKTE VIR JULLE, ONS DINK AAN JOU EN 2 MANNE EN FAMILIE, ONS GAAN HOM MIS.

Santjie van Rensburg ·

Ja ons het `n goeie afrikaner verloor in ond midde maar ek kan net dit sê…..

Zak gaan om vir ons almal hier op aarde plek temaak glo in God dan glo ons ook in hom. Zak gaan vir ons `n wooning maak in die huis van ons Vader is daar vele wonings. Ja Zak sê totsiens aan ons almal en sy familie en vriende hy moes nou gaan ons Vader roep hom in die hemel aan sy werk op aarde is volbring moenie vrees nie hy sal vra en ons Vader stuur sy Gees ons is een in die gees hy sal altyd by ons wees ja hy sal by ons bly en sy Gees sal ons nou lei ons is een in die gees ja hy sal hier vir ons wees laat sy vrede met ons wees ons hoef nou nie meer te vrees. Zak was solank in ons midde ons ken hom nie as ons hom gesien het dan het ons die Vader gesien . Ons praat nie uit ons eie nie die woorde is van ons Vader. Zak sê totsiens Almal ons Vader Roep hom. Ons ken die plek waarheen Zak nou moet gaan hy wil daar wees daar aan ons Vader se sy

Gerda Kruger ·

So weet niemand wanneer ons lewe eindig nie. Ek voel so innig jammer vir n jong mamma wat twee klein kindertjies moet groot maak nie. Mag ons Vader Sy hand oor jou hou! Hou vas aan die herinneringe en die beloftes in die Woord! Baie sterkte!

Ansie Roets ·

My ingemeegevoel aan Zak se familie. Hul sal vroortleef in sy musiek vir ons sal hy n altyd trots Afrikaans wees. En rus in vrede ons geliefde sanger.

ADAM SMIT ·

ek het die voor reg gehad om vir ZAK te ontmoet hy was n baie goeie man wat op gestaan het vir ons taal afrikaans hy is by vere die beste mondfluitjie speeler in die wereld gewees en die enigste man wat dankie gese het vir ou Worsie Visser . Zak jy sal altyd in ons harte bly ons mis jou my ou maat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.