Huldeblyke vir Andrew Thompson

Andrew Thompson

Huldeblyke stroom steeds in op die sosiale netwerke Facebook en Twitter vir die akteur Andrew Thompson wat eergister selfmoord gepleeg het.

Thompson se liggaam is Saterdagmiddag deur ʼn vriendin in sy woonstel in Randburg ontdek. Hy was bekend vir sy rolle in Bakgat, Roepman, Vaatjie sien sy gat en Molly & Wors. Thompson het ook in verskeie teaterstukke opgetree waaronder Samoerai. Gert Cheréze Swanepoel Maritz het op Bakgat se Facebook-blad geskryf: “Dis hartseer om te dink terwyl hy almal om hom laat lag het was daar iets binne hom wat gehuil het en niemand kon vir hom laat beter voel soos wat hy vir ons gedoen het nie! Jy sal onthou word vir nog baie jare hoop jy’t nou jou vrede gevind!” Thompson se mede-akteur in Molly & Wors, Lizz Meiring, het op haar Facebook-blad geskryf: “Ek is verpletter deur die nuus dat ons liewe Andrew Thompson (Theunis van Molly & Wors ) oorlede is. Ek en Andrewtjie, het al saam gespeel toe hy nog in std 9 was, met die reeks “Hart van staal “. Ons het goeie vriende geword. Hy was ‘n uitsonderlike talentvolle akteur, skrywer, teater, filmmaker en skilder. En so ‘n slim, dierbare gentle soul. Ek is so jammer vir sy vriende, sy wonderlike ouers en sy sussie. Rus in vrede my liewe Andrew – waar jy nou is, gaan jy elke movie en teaterstuk skep wat jy nog altyd wou – sonder om jou oor begrotings te bekommer. Ek gaan jou vreeslik mis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.