“Hulle kon haar nie verkrag het nie”

Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster. Die foto is deur @LielaMagnus op Twitter gelaai.

Die verdediging vir Johan Kotzé se drie medebeskuldigdes het dit vandag aan die hof voorgehou dat hulle nie vir Ina Bonnette kon verkrag het nie.

Francois van As, regsverteenwoordiger vir Piet Mohlane en Frans Mphaka, het aan Bonnette gesê dat die mans haar nie kon verkrag het nie aangesien hulle nie ereksies kon kry nie. Jan van Rooyen, regsverteenwoordiger vir Andries Sithole, het dit ook aan Bonnette gestel dat geen manlike DNS op haar of die toneel gevind is nie. Mohlane, Mphaka en Sithole voer aan dat Kotzé gedreig het om hulle dood te maak indien hulle nie saamgewerk het nie. Die mans sê hulle kon nie vir Bonnette verkrag het nie aangesien hulle nie ereksies kon kry nie. Bonnette sê al drie mans het haar definitief verkrag. Sy het wel toegegee dat nie een van die mans haar aangerand het nie en dat een van die mans bang gelyk het. Van As beweer dat Bonnette die drie mans met haar oë gesmeek het om haar te help toe Kotzé die kamer verlaat het, aangesien sy glo besef dat hulle ook nie gemaklik was met die situasie nie.

Die verhoor duur voort.

Lees ook:
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.