“Hulpvaardige” bankier steel toe sy geld

ʼn Man is Saterdag in Kimberley van ʼn bedrag geld beroof deur ʼn persoon wat haarself glo as ʼn werknemer by die bank voorgedoen het.

“ʼn Netjiese vrou, wat haarself as ʼn bankamptenaar voorgedoen het, het aangebied om die man te help om geld te deponeer omdat die ry so lank was,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, gesê. Die man het die bedrag geld aan die vrou oorhandig, wat toe in een van die kantore verdwyn het.

Toe die vrou nie terugkeer nie, het die man agterdogtig geraak en bankamptenare in kennis gestel dat hy beroof is.

Volgens Tawana ondersoek die polisie ʼn saak van diefstal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.