Pretoria News berig dat Indi Chiyabu R700 000 aan die slagoffers se families aangebied het. Makhi Nogaga, Chiyabu se regsverteenwoordiger, het die Pretoria-Noord-streekhof gevra om in te gryp in die onderhandelinge tussen Chiyabu en die slagoffers se families. Volgens die berig het landdros Ben van Schalkwyk egter gesê dat die hof nie in die posisie is om so bevel te maak nie aangesien die hof nie vertroud is met die families se omstandighede nie.
Chiyabu het op 16 Oktober 2010 vir J.P. Kruger (32) en Pieter Coetzee (60) doodgery. Hy het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy in Kruger, Coetzee en Coetzee se seun, ook Pieter, vasgery het. Die Hummer het aan die brand geraak en Chiyabu het na bewering van die toneel gevlug. Coetzee sr. en Kruger is op die toneel dood. Coetzee jr. se regterbeen moes bo die knie geamputeer word. Chiyabu is in Februarie aan strafbare manslag skuldig bevind.
So hy dink geld gaan alles regmaak??
Laat hy tronk toe gaan, dis waar hy hoort.
tronk toe met hom geld gaan nie die mense terugbring
Stem saam, tronk toe. Waar wil hy die geld kry en die geld kan die saak nie ongedaan maak nie. Nee, hy moet sy straf verdien soos enige een wat moord gepleeg het en dan het hy nog gevlug en nie eers gekyk wat hy gedoen het nie. En hy kan die mense wie ledemate verloor het, se ledemate nie teruggee nie.