Hummer-verhoor begin in Junie

ʼn 31-jarige man wat glo in Oktober verlede jaar twee motorfietsryers met ʼn Hummer doodgery het, se verhoor sal in Junie vanjaar begin.

Landdros Ben van der Walt het Dinsdagoggend in die Pretoria-Noord streekshof gelas dat Indi Chiyabu, wat tereg staan op twee aanklagte van strafbare manslag, op 12 Junie in dieselfde hof verhoor sal word. Chiyabu het glo op 16 Oktober 2010 vir J.P. Kruger (32) en Pieter Coetzee (60) doodgery. Chiyabu het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy glo in Kruger, Coetzee en Coetzee se seun, ook Pieter, vasgery het. Die Hummer het glo aan die brand geraak en Chiyabu het na bewering van die toneel gevlug. Coetzee sr. en Kruger is op die toneel dood. Coetzee jr. se regterbeen moes bo die knie geamputeer word. Chiyabu is uit op ʼn waarskuwing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.