Huweliksklokkies lui vir Steve en Janine

'n Intieme oomblik tussen Janine en Steve Foto: Steve Hofmeyr Facebook-blad

‘n Intieme oomblik tussen Janine en Steve Foto: Steve Hofmeyr Facebook-blad

Klik hier om ‘n foto van die twee op hul spesiale dag te sien.

Steve Hofmeyr en Janine van der Vyver het Saterdag stil-stil die knoop deurgehaak.

Steve het op sy Facebook-blad die foto hiernaas gepubliseer met die woorde “Dankie aan almal wat omgee. Steve & Janine Hofmeyr”. Op Twitter het hy net geskryf: “By die klink van huweliksklokkies…- CJ Langenhoven”.

Ons het darem ‘n idee van hoe die koek moontlik gelyk het, Steve het twee dae gelede ‘n foto gelaai en geskryf: “Ek toets gou miniatuur weergawes van my troukoek(ke). Toe vreet ek helfte daarvan op! Njummies” (foto onderaan die berig).

Baie geluk aan mnr. en mev. Hofmeyr!

Skermskoot van Steve se Twitter-rekening

Skermskoot van Steve se Twitter-rekening

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize Mans ·

Sterkte julle 2,hoop dat julle Huwelik net mooi sal wees.En dat julle lank en virewig saam sal wees.

Albert Badenhorst ·

Baie geluk julle 2 bid julle net geluk en voorspoed toe

MIEMMIE ·

AG NEE STEVE JY WAS ALTYD SO OULIK EN SAL SEKER ALTYD BLY – KYK HOE OUD LYK JY OP DIE FOTO EN DIS VAN AL DIE VROUENS MAN – NADER AAN JOU 60’S SAL JY BAIE DINK JY SAL SIEN EN DAN SAL JY WEET AL DIE OORHAASTIGE BESLUITE WAS ONNODIG – STERKTE MET DIT MAAR EK SAL ALTYD BLY KYK NA JOU LEWE TOT EK MY ASEM UITBLAAS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.