‘Hy het my gedwing om ‘n misdaad te pleeg’

Die foto is deur @Jacanews op Twitter gelaai.

Die drie mans wat Ina Bonnette glo om die beurt verkrag het, het tydens hul borgaansoek in die Modimolle landdroshof beweer hulle het onder dwang opgetree.

Bonnette se eksman, Johan Kotzé, doen nie om borg aansoek nie. Andries Sithole (42), Peter Mohlako (34) en Frans Mphaka (38) beweer Kotzé het hulle betaal en gedwing om Bonnette op 3 Januarie om die beurt te verkrag. Kotzé het Bonnette na bewering hierna vir ure lank gemartel en gru-dade met haar gepleeg. Hy het glo ook haar seun, Conrad (19), doodgeskiet. Sithole het aan die hof gesê dat Kotzé hulle k*****s genoem het gedurende die voorval. “Ek was nie bereid nie, hy het my gedwing om ʼn misdaad te pleeg. Ek voel geskend en verneder.” Sithole sê hy het as ʼn tolk opgetree tussen Kotzé en die ander twee beskuldigdes aangesien hulle nie Afrikaans verstaan nie. Sithole het aangevoer dat hy op borgtog moet vrygelaat word aangesien hy sy vrou en 4-jarige dogtertjie moet ondersteun. Mohlako het aangevoer dat hy op borgtog moet vrygelaat word aangesien sy vriendin eersdaags aan hul eersteling geboorte skenk. Mphaka het gesê hy moet op borgtog vrygelaat word aangesien hy ʼn werk moet kry. Al drie die beskuldigdes het bevestig dat hulle R500 het om vir bog te betaal. Die mans sê hulle sal onskuldig pleit op die 16 aanklagte teen hulle. Hulle sê hoewel hul saam met Kotzé aangekla is, is die publiek nie kwaad vir hulle nie aangesien die publiek bewus is daarvan dat hulle gedwing is om die misdaad te pleeg. Die borgaansoek is vroeër uitgestel weens swaar reën en sal na verwagting later voortgaan.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.