“Hy het net ‘n fout gemaak”

Jacques Freitag

Voormalige hoogspring-wêreldkampioen Jacques Freitag is op borgtog vrygelaat.

Freitag se prokureur, Fanie le Roux, het gesê sy kliënt is Maandag op R500 borgtog vrygelaat nadat hy drie dae in aanhouding was nadat hy glo met Cat (methcathinone) betrap is, berig Beeld.

Freitag (30) is Vrydag deur die metropolisie afgetrek nadat hy glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het. Die beamptes het hom deursoek en op die dwelmmiddel in sy broeksak afgekom. “Jacques is vir drie dae lank saam met 40 mans in een sel met ʼn oop toilet en ʼn kombers wat in jare nie gewas is nie, aangehou,” het Le Roux gesê. “Die wêreld hou hom dop, en daar is talle ander mense vir wie hy iets kan beteken. Met hierdie voorval wil ons aan die wêreld bewys dat hy nie ʼn slegte ou is nie. Hy is iemand wat ʼn fout gemaak het.”

Le Roux sê sy kliënt is nie ʼn gewoonte dwelmgebruiker nie en dat hy net met ʼn baie klein hoeveelheid Cat betrap is. Landdros Mzwakhe Skosana het Freitag beveel om drie keer per week by die polisiestasie in Bronkhorstspruit aan te meld en het die saak vir verdere ondersoek uitgestel.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.