Hy jaag glo oor kerkdiens

ʼn Man wat Sondagoggend teen 200km/h op die N3 vasgetrek is, beweer hy het gejaag om betyds vir ʼn kerkdiens te wees.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, sê die bestuurder het drie passasiers in sy Mercedes Benz gehad en beweer dat hulle laat was vir ʼn kerkdiens. “Die bestuurder is onmiddellik in hegtenis geneem en aangekla van roekelose of nalatige bestuur by die Edenvale-polisiestasie.”

ʼn Motorfietsryer is ook Sondag op die N3 in hegtenis geneem nadat hy teen 193km/h gery het. ʼn 18-jarige met slegs ʼn leerlinglisensie is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy teen 183km/h naby die Grey-afrit vasgetrek is. Hulle sal almal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.