Hy kry sy graad ná 17 jaar

Joseph Khohlokoane (44), ʼn skoonmaker by ʼn vulstasie, het Vrydag sy graad in sosiale wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad gekry nadat hy dit 17 jaar terug voltooi het maar nie sy studieskuld kon afbetaal nie.

Beeld berig Khohlokoane het sy graad in 1996 voltooi waarna hy sowat R30 000 aan studiegeld geskuld het. Hy het as ʼn petroljoggie by die Shell Ultra City-vulstasie in Worcester begin werk om sy skuld af te betaal aangesien die universiteit nie sy graad vir hom wou gee voor hy sy skuld afbetaal het nie. Khohlokoane het volgens die berig vir 10 jaar as ʼn petroljoggie gewerk waarna hy ʼn verdere sewe jaar as skoonmaker gewerk het. Sy werkgewer, Willem Venter, het aan die koerant gesê dat ʼn boer in die omgewing, Clarence Johnson, van Khohlokoane se situasie te hore gekom het en gereël het dat sy studieskuld vereffen word. Die bedrag beloop sowat R100 000 weens al die jare se rente.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, sê intussen dat studente wat hul graad voltooi het steeds hul kwalifikasie kan gebruik al het hulle nog nie al hul studieskuld betaal nie. Sy sê die universiteit sal steeds aan potensiële werkgewers bevestig dat die student die akademiese kursus suksesvol voltooi het al is die student se studiegeld nog nie vereffen nie. “Ons doen dit ten einde te verseker dat die student nie benadeel word in sy of haar ʼn poging om indiensneming te verseker nie ondanks uitstaande studieskuld.” Kruger het egter bevestig dat die universiteit nie vir studente hul graad gee voor hul studiegeld vereffen is nie.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.