Hy slaap dae lank langs meisie se lyk

Randall Johnson

Randall Johnson (44) het glo dae lank langs sy oorlede meisie se liggaam geslaap, en nie haar dood aangemeld nie.

Johnson van Noord-Carolina in Amerika is verlede Saterdag in hegtenis geneem nadat die liggaam van Carla Jean Baggett in die paartjie se slaapkamer aangetref is. Baggett is die vorige Woensdag laas gesien. Haar ma, susterskind en suster het almal saam met die paartjie in die enkelbreedte mobiele huis in Williamston gewoon, maar die gesin sê Johnson het die heeltyd ‘n verskoning gehad waarom Baggett nie uit die slaapkamer kom nie. Baggett se susterskind sê Johnson het gesê die vrou slaap of rook ‘n sigaret.

Volgens Phyllis King, Baggett se ma, het Johnson aangevoer dat Baggett ‘n oordosis Xanax geneem het, maar dat sy niks makeer nie. “Ek was die aand daar en toe het my dogter geslaap, en toe ek die volgende oggend ingaan, het sy nog steeds geslaap,” het King gesê. King sê sy het gedreig om 911 te skakel, maar Johnson het bevestig dat haar dogter niks makeer nie. Sy het egter die Saterdagoggend in die kamer ingegaan, aan haar dogter geraak, en besef sy is dood. Sy het toe 911 geskakel.

“Dit wil voorkom of die slagoffer al dae lank dood is,” het lt. Drew Robinson, woordvoerder vir die polisie, aan die radiostasie WCTI12 gesê. “In hierdie stadium is dit egter nog nie moontlik om die oorsaak of presiese tyd van haar afsterwe bekend te maak nie.” Volgens polisiebeamptes het Johnson ‘n hele paar aande langs die lyk geslaap. Speurders vermoed egter nie vuilspel nie en daar is geen aanduiding dat Johnson in Baggett se dood betrokke was nie. Hy word aangekla dat hy ‘n dood verbloem het en word op ‘n $100 000 versekerde borg aangehou. Die oorsaak van Baggett se dood is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.