Hyskraan val deur winkelsentrum se dak

ʼn Hyskraan het Maandagoggend deur die dak van ʼn winkelsentrum in Germiston geval en verskeie mense beseer.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind. “ʼn Hyskraan het deur die dak geval en in een van die winkels geland. Altesaam 23 mense is beseer, waarvan twee ernstig is,” het Steinmann gesê.  Sy sê die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die voorval het by die Golden Walk-winkelsentrum plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.