ID-boekies dalk gou iets van die verlede

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma tydens Donderdag se perskonferensie. Foto's: Marischel Roesch

Die bekende groen ID-boekies mag dalk binnekort iets van die verlede wees. Na wat verwag word, gaan slim ID-kaarte reeds teen die volgende verkiesing gebruik word.

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma het dit Donderdag tydens ʼn perskonferensie van die Nasionale Persklub in Pretoria bekend gemaak.

Sy het gesê ʼn loodsprojek is reeds onderweg en dat sommige Suid-Afrikaners al reeds teen 2014 van dié kaarte gaan gebruik maak.

Die slim kaarte, wat die grootte van ʼn bestuurderslisensie is, gaan ʼn foto van die eienaar, ʼn strepieskode en ʼn mikroskyfie hê.

“Die kaarte sal slegs deur die eienaars gebruik kan word en dit sal onmoontlik wees om die kaarte te dupliseer,” het sy gesê.

'n Voorbeeld van hoe die kaart lyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karen Erasmus ·

Ontmoontlik om die kaarte te dupliseer… in wie se droom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.