ID-diefstal: Verdagte steel glo R4.5 miljoen

Enigiemand wat weet wie die man is of waar hy hom bevind, word versoek om Du Plessis by 071 586 1123 te skakel.

Enigiemand wat weet wie die man is of waar hy hom bevind, word versoek om Du Plessis by 071 586 1123 te skakel.

Martin du Plessis, ʼn privaatspeurder, is op soek na ʼn man wat glo weens ID-diefstal R4.5 miljoen van ʼn bekende sakeman in Johannesburg gesteel het. Weens die aard van die ondersoek mag die sakeman se identiteit nie bekend gemaak word nie.

Du Plessis het Maandag aan Maroela Media gesê die sakeman se ID-boekie is gesteel of vervals, waarna die vermeende verdagte daarin kon slaag om op 18 Oktober geld uit sy trustrekening te onttrek.

“Sedert die voorval plaasgevind het, het nog geen inligting oor die man se ware identiteit na vore gekom nie,” het Du Plessis gesê.

Die man is glo deel van ʼn sindikaat wat aan talle soortgelyke sake verbind word.

Enigiemand wat weet wie die man is of waar hy hom bevind, word versoek om Du Plessis by 071 586 1123 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Ai ai. Die flippen sleg hond!! Ek hoop hy… Nee, eerder nie. Ek hoop net hy word gou gevang.

leon ·

Helo Amy, ek stem saam. Mens se geld is nerens meer veilig nie. Al die jare se spaar en harde werk binne n paar sekondes gesteel deur n sleg jy weet wat.

Trippie ·

Hallo Leon – ons vrouens se “lewens” word in ons handsakke gedra. Die diefstal van ‘n identiteitsdokument veroorsaak oneindig baie probleme. Dan praat ek nie eers daarvan om sodanige boekies, bankkaarte, ens. te vervang nie.

My sussie se handsak is ook gesteel so tydjie gelede (hier in Pretoria), die dief het aankope gedoen, let wel, AANKOPE, NIKS MINDER AS R70 000 tot R80 000 op ‘n slag nie. Aankope is gedoen in Durban – nogal by Simba, onder andere.

Ergste van alles is, sy het nog nooit meer as R40 000 in haar tjekrekening gehad nie. Gelukkig het die bank tot haar redding gekom.

Groete vir jou en Amy.

Daan ·

Geld is ‘n euwel. Dit is baie hartseer as oumense uit hulle pensioen geld geswendel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.