Identikit binnekort uitgereik na moord op jong ma

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

Die polisie sê daar sal binnekort ʼn identikit uitgereik word van Chanelle Henning se vermeende moordenaars.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Duane Lightfoot, sê talle ooggetuies het intussen na vore gekom en die polisie is besig om ʼn identikit van die moordenaars op te stel. Hy kon egter nie bevestig wanneer die identikit uitgereik sal word nie. Lightfoot sê die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium. Henning (26) is Dinsdagoggend deur twee mans op ʼn motorfiets geskiet kort nadat sy haar 4-jarige seun, Benjamin, by sy kleuterskool in Faerie Glen in Pretoria afgelaai het. Henning is deur haar motor se ruit geskiet en in die long getref. Intussen is Henning se seun steeds in ʼn plek van veiligheid. Henning en haar vervreemde man, Nico, was glo in ʼn hofstryd gewikkel rakende toesig oor Benjamin. Daar is vroeër berig dat Henning se ouers aansoek gedoen het by die Noord-Gautengse hooggeregshof om toesig te kry oor Benjamin. ’n Roudiens vir Henning word Maandag in die Doxa Deo-kerk in Hartbeespoort gehou.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Peet van der Spuy, bel by 082 565 9112.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.