Identikit van Igna Nortjé se vermeende moordenaar

Die vermoorde Igna Nortjé

Die polisie het ʼn identikit vrygestel van die vermeende moordenaar van Igna Nortjé (33), wat in Mei vanjaar buite Middelburg in Mpumalanga ontvoer en vermoor is.

LookLocal berig dat ʼn beloning van R127 000 aangebied word vir die arrestasie en skuldigbevinding van Nortjé se moordenaar. Nortjé is op 30 Mei naby Verene, buite Middelburg in Mpumulanga, vermoor. Sy is vroeër die dag by haar huis in Middelburg ontvoer. Nortjé se liggaam is later die dag ʼn paar meter van haar verlate voertuig gevind. Sy het verskeie steekwonde, onder meer aan haar keel, gehad. Niks is uit die huis gesteel nie en sy het nog haar horlosie aangehad. Haar ontvoerders het drie keer deur die dag geld uit haar bankrekening onttrek. Nortjé se pa, ST, het kort na die moord met behulp van sy werkgewer ʼn beloning van R100 000 uitgeloof in ʼn poging om sy dogter se moordenaar vas te trek. Verskeie lede van die gemeenskap het hierna ook bydraes gemaak. Lees meer hier.

ʼn Man is kort na die moord op Nortjé in hegtenis geneem nadat haar selfoon in sy besit gevind is. Hy is egter later as ʼn verdagte uitgeskakel en word slegs van diefstal aangekla.

‘n Identikit van Nortjé se vermeende moordenaar. Foto: www.looklocal.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.