Idol vir dronkbestuur aangekeer

Karen Kortjé. Foto: EWN

Karin Kortjé, die Idols-wenner van 2005, is in Kuilsrivier, Kaapstad, in hegtenis geneem omdat sy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

Die 32-jarige sangeres is vroeg Sondagoggend by ‘n padblokkade vasgetrek. Sy het na bewering byna polisiebeamptes, wat op patrollie was, raakgery. Kortjé is vrygelaat en moet in April 2013 weer in die hof verskyn.

Kortjé het ʼn geskiedenis van alkohol en dwelmmisbruik, berig EWN. Sy het verlede jaar openlik gepraat oor haar afhanklikheidsprobleme tydens ʼn onderhoud met die tydskrif, Kuier. Sy het erken dat sy vroeg in haar lewe begin drink het en ook die dwelm mandrax gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.