IEB-matrieks spog met 98.6% slaagsyfer

IEB logo

Die Independent Examinations Board (IEB) se matriekslaagsyfer het in 2013 toegeneem tot 98.6%, in vergelyking met verlede jaar se 98.2%.

“9 580 voltydse en 586 deeltydse kandidate  van 185 skole regoor die land het die IEB se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in November 2013 geskryf,” het Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die IEB, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Alle kandidate wat geslaag het, het geslaag met ʼn persentasie wat goed genoeg is om vir tersiêre studies op een van die drie vlakke te kwalifiseer.”

85% van die leerlinge wat dié eksamen geskryf het, kwalifiseer vir graadstudies, 12% vir ʼn diploma-kursus en 1.5% vir ʼn hoër sertifikaat.

In 2013 het ʼn addisionele 621 leerlinge die IEB-eksamen geskryf, te danke aan vier nuwe skole wat by die stelsel aangesluit het en ʼn toename in leerlinge by die ander instellings wat reeds deel is van die IEB se stelsel. Buiten skole in Suid-Afrika het 13 skole in Namibië, Swaziland en Mosambiek ook die IEB-eksamens afgelê.

Volgens Oberholzer het 55 leerlinge ook ʼn gekombineerde NSC-Abitur-kwalifikasie, wat deur Duitse skole in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad aangebied word, voltooi. Hierdie kwalifikasie gee hulle die geleentheid om by universiteite in Suid-Afrika en Duitsland te studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Gawie, ek wonder self oor daardie slaagsyfer. Klink te goed om waar te wees.
Maar ja ne? Dis die lewe vandag in S.A.

Anna ·

My seun is een van hierdie matrieks, en glo maar. Hierdie standaard is hoër as wat daar was voor 1994. Die verskil is die grootte van die klasse, toegewyde onderwysers en ons christelike beginsels soos lyfstraf. Hierdie kinders moes 5 keer harder werk as die skoliere in matriek van staatskole. Doen jouself die guns en gaan woon so ‘n skool vir een dag by, en ek belowe jou jy sal tot ander insigte kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.