Ikey-student val na haar dood op 21ste verjaardag

Rosa Carlyle-Mitchell. Foto: Facebook

Rosa Carlyle-Mitchell, ʼn dramastudent aan die Universiteit van Kaapstad, is Sondagaand dood nadat sy tydens haar verjaarsdagvieringe na haar dood geval het, het die polisie Dinsdag aan Maroela Media bevestig.

Carlyle-Mitchell, oorspronklik van Durban, het na bewering omstreeks 21:00 op ʼn muurtjie van die eerste verdieping van die Kimberley Hotel in Kaapstad gesit toe sy eweskielik agteroor geval het. Die hotel is geleë op die hoek van Roeland- en Buitekantstraat.

Sy was saam met ʼn familielid, haar broer Luke, en jonger suster Cristina. Paul Rayner, haar oom wat vroeër die aand saam met hulle gekuier het, het Maandag aan IOL gesê die familie is erg getraumatiseer deur die “tragiese” ongeluk.

Kaapstadse nooddienste het haar op die toneel dood verklaar.

Kaptein FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê dat die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek doen en dat die omstandighede rondom die tragedie nog ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.