Ikeys-koerant vir rassisme ondersoek

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan ‘n klag teen ‘n studente publikasie by die Universiteit van Kaapstad ondersoek.

Die Jong Kommunisteliga het die klag aanhangig gemaak aangesien die organisasie meen die artikel wat in die Varsity Newspaper verskyn het, is rassisties. In die artikel word beweer dat 38 persent van studente glo gesê het dat wit mense die aantreklikste ras is. Net agt persent het gedink swart mense is die aantreklikste. Die artikel is baseer op ‘n peiling van slegs sowat 60 studente. Pat Lucas, woordvoerder van die universiteit, sê die artikel is “problematies” weens verskeie redes. Lucas sê dit onder meer problematies dat slegs 60 studente aan die peiling deelgeneem het. Die redakteur van die publikasie, Alexandra Nagel, het vroeër om verskoning gevra vir die artikel en gesê die motief was bloot om ‘n platform te skep waar studente in gesprek kan tree .

Die Jong Kommunisteliga het vroeër gesê hy is “geskok en gewalg” deur die artikel. “Die liga streef na ‘n nie-rassige Suid-Afrika waar die diep wonde van die verlede nie vinnig vergete gelaat sal word nie,” het Mangaliso Khomo, voorsitter van die tak, gesê. “Onder apartheid en koloniale regerings is die wit ras as die aantreklikste geag en swart mense is gedwing om velverligtingsrome aan te wend wat hul gesigte gebrand het om in diens geneem te word en opvoeding te kon ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Daar is ook baie meer gekleurde wit karre,withuise en wit strepe op paaie en op Zebras as swart strepe,,,,,,,hoekom sal dit wees,,,,,,,,,,,,,,,,,,Omdat “Wit” mooier is as swart,,gebruik tot wit lykswaens deesdae,,,,,,swart lykswaens is uit,,,,,,,,,,,,,,Mense wat vir die “Swart” meerderheidsregering werk,,ry dus “swart” karre om te wys hulle werk vir n swart regering,,,,,,,,,,,,,,,,,,,so wat is verkeerd as die meerderheid mense in Suid Afrika van “WIT” hou!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.