Ikeys stem oor “aantreklikste ras”

‘n Meningstuk oor liefde en ras in die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) se studentekoerant, Varsity” het ‘n paar mense ontstoke gelaat.

Die artikel, “Is love colour blind?” (Is liefde kleurblind?) deur Qamran Tabo is Dinsdag in die koerant publiseer. Die berig handel oor interkulturele romantiese verbintenisse en 60 studente (wit, bruin, Indiër, Oos-Asiër, swart en “gemeng” [bi-rassig])het glo aan ‘n opname deelgeneem.

‘n Sirkelgrafiek getiteld “Ikeys stem oor aantreklikste ras” is saam met die stuk publiseer. Volgens dié grafiek het 38% van studente gemeen wit mense is die “aantreklikste” gevolg deur bruin mense en Indiërs. Die laagste persentasie was swart mense (8%).

Die Studenteraad van die universiteit het Donderdag gesê hy voel verplig om kommentaar te lewer oor die artikel, alhoewel hy in dieselfde asem die koerant se outonomie respekteer. “In hierdie spesifieke geval voel die Studenteraad dat hy nie die manier waarop ‘n baie sensitiewe kwessie aangespreek is, kan goedkeur nie,” het Lorne Hallendorff, president van die Studenteraad, gesê. “’n Opname van 60 persone voldoen nie aan enige statistiese vereistes nie.” Sy sê die onus rus op die skrywer om aan verskeie statistiese metodes te voldoen om geldigheid te verseker. Die Studenteraad is verplig om die meningspeiling af te maak, aangesien dit geen statistieke meriete dra nie.

Hallendorff sê hulle staan by die universiteit se waardes om “te streef om ‘n omgewing vir ons diverse studente- en personeelgemeenskap te bied wat positief en ingeslote vir alle personeellede en studente is en diversiteit bevorder.”

Die Young Community League of SA (YCLSA) se tak in Kaapstad het gesê hy is “geskok en gewalg” deur die opgname. “Die YCLSA streef na ‘n nie-rassige Suid-Afrika waar die diep wonde van die verlede nie vinnig vergete gelaat sal word nie,” het Mangaliso Khomo, voorsitter van die tak, gesê. “Onder apartheid en koloniale regerings is die wit ras as die aantreklikste geag en swart mense is gedwing om velverligtingsrome aan te wend wat hul gesigte gebrand het om in diens geneem te word en opvoeding te kon ontvang.” Die organisasie beplan om ‘n klag by die SA Menseregtekommissie te lê om ‘n verskoning te eis en te versoek dat die artikel deur die koerant onttrek word.

Alexandra Nagel, redakteur van Varsity, het Donderdagmiddag egter ‘n verskoning in ‘n persverklaring uitgereik. Sy sê die bedoeling van die stuk was om ‘n platform vir studente te skep om ‘n gewilde tema te bespreek. “Die koerant se rol is om as ‘n middelaar en platform te dien, op dieselfde wyse as sosialenetwerk-webwerwe soos Twitter en Facebook,” het Nagel gesê. “Dit keur nie haatspraak goed nie, maar ondersteun die reg om ‘n mening te hê en ‘n forum vir reaksie te skep. Ek beklemtoon dat die “opname” deur die skrywer vir haar persoonlike insig opgestel is en dat dit nie ‘n definitiewe, skolastiese analise is nie. Dit is bedoel om as ‘n maatskaplike kommentaar te dien oor die samelewing waarin sy woon.”

Nagel het formeel die titel van die sirkeldiagram onttrek en sê die sirkeldiagram moet saam met die artikel gelees word, en nie as ‘n onafhanklike stuk nie. “Die artikel is in die lesersmening-afdeling gepubliseer en weerspieël dus nie noodwendig die siening van die koerant nie, kragtens die aanlyn vrywaring,” het Nagel bygevoeg. “Ek is bewus van die omstredenheid rondom die sensitiwiteit van ras en ek begryp dat die reg tot vryheid van spraak beperkinge het wanneer dit onnodig aangewend word om teen ander te diskrimineer, om godsdiens, ras of seksualiteit te laster. Varsity voel egter dat die skrywer nie hierdie reg misbruik het nie, en ook nie die bedoeling gehad het om individuele rasgroepe aan te val nie, maar slegs ‘n saak uitgewys het wat steeds die lewens van Suid-Afrikaners beïnvloed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marnus ·

Ek is n student aan die Universiteit van Kaapstad en voel dat hierdie belaglike reaksie net deel is van n wyer probleem is in ons samelewing hier in Suid-Afrika. Die nie-blankes in ons land is vinnig om op hulle perdjie te spring as goeters nie hulle manier gaan nie.
Ek kan maar net wonder of hulle gevoel vir regverdigheid so sterk so wees as die meiningspeiling gese het afrikane is die mees aantreklike rassegroep.
Buitendien kan mens maar net wonder hoekom dit as probleem aangetref word as mense se persoonlike smaak is dat blankes die mees aantreklike ras is. Mag blankes dan nie gesien word as aantreklik nie?

Ek voel daagliks in hierdie liberale en diverse universiteit soos n persoon wat teen gediskrimineer word omdat ek n Afrikaner is en daarom sekerlik alle goed wat ek in die lewe het gekry het a.g.v. Apartheid en my ‘skandelike’ voorvaders. Op die ou eind besef ek maar net dat menseregte net geld in die samelewing as jy aan die regte kan van die kleurskeidslyn sit. As blanke is jy n tweedeklas burger. n Dief en hindernis aan al die ander groepe se gelykheid.

Werner Gouws ·

Waarom dan nie ‘n studie doen waar die korrekte metodiek en skolastiese statistieke en metodes gevolg word om ‘n statisties korrekte resultaat te verkry nie? Dit kan baie insig werp op die sosilistiese denke van die mens is ons strewe om meer oor onself en ons denke te onthul. Waarom so ‘n bohaai oor ‘n proef studie? Die feit dat dit vir sommige mense ‘n sensetiewe saak is maar dit nie onrelefant nie. Dan mag mens ook nie korrupsie syfers in ons land navors nie…..As dit nou ‘n peiling was om te bepaal of vrouens of mans mooier is sou dit geen kritiek gelok het nie want dit word algemeen aanvaar vrouens is die skoner geslag, dit is nie wetenskaplik bewys nie..

Hendrik ·

Ek dink om so n vergelyking te maak tussen mense en rasse is belaglik.

Regtig.

Ons is nou maar eens vleeslik en n mooi mens bly mooi maar, ons is ook meer as vleeslik. Ons is geestlike weesens ook. Die gees sien ander goed raak as die oe. Hoekom kan ons dit nie elke dag celebrate nie.

Watse verskil maak dit as een ras mooier as die ander is. Maak dit jou beter voel of superior. Wat voeg die stukkie “wetenskaplik navorsing” by tot ons lewens. Niks. Dit verdeel eerder.

Dit is oppervlakkige entertainment vir oppervlakkige mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.