Ilse Naudé die naweek ter ruste gelê

Ilse Naudé tydens die begrafnisdiens van haar man Dr Beyers Naudé. Foto: Trevor Kolk/SAPA

Die begrafnisdiens van Ilse Naudé sal Saterdag in Johannesburg gehou word.

Ilse was die vrou van die legendariese teoloog Dr Beyers Naudé en is Donderdag in die ouderdom van 98 oorlede aan hartversaking. Naudé se seun, Herman, sê die begrafnisdiens sal Saterdag in die NG Gemeente Aasvoëlkop in Northcliff in Johannesburg gehou word. “My pa se diens is in dieselfde kerk gehou,” sê Naudé. Die egpaar was 64 jaar lank getroud toe Naudé in 2004 op 89-jarige ouderdom oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.