Implementering van e-tolstelsel uitgestel

Die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is Donderdag uitgestel.

Die direkteur-generaal van vervoer, George Mahlalela, het gister aangekondig dat die implementering van die e-tolstelsel met ‘n maand uitgestel sal word. Die aankondiging is gemaak net ure nadat die leierskap van die ANC en die vakverbond Cosatu gevra het dat die e-tolstelsel uitgestel word. Die e-tolstelsel moes Maandag op die provinsie se hoofweë in werking getree het. Die implementering is nou tot 30 Mei uitgestel. Die ANC het die besluit verwelkom en gesê dit dui op leierskap en ʼn responsiewe ingesteldheid van die regering. Cosatu het ook die besluit verwelkom en sy beplande staking vir Maandag onbepaald uitgestel.

Die hooggeregshof in Pretoria sal intussen Saterdag omstreeks 11:00 sy besluit bekendmaak rakende ʼn dringende interdik om die e-tolstelsel te keer. Die saak is deur Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (BTST) gebring en is gister aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.