ANC, EFF begin onderhandelings oor samewerking

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

Die ANC en die EFF sal na verwagting binnekort begin met onderhandelings oor samewerking waar hul beleid oorvleuel, ná ʼn versoek aan die ANC vanaf die EFF-leier, Julius Malema.

Malema het die afgelope naweek aan die Sunday Times gesê hy het wel ʼn brief oor “taai kwessies” aan die ANC geskryf wat samewerking tussen die twee partye oor ʼn wye front kan raak.

Die EFF is tans in samewerkingsooreenkomste met ander opposisiepartye in sowat dertig munisipaliteite (insluitend Johannesburg en die Tshwane-metro in Pretoria) landwyd, maar het onlangs sy steun aan die DA-geleide Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth onttrek, wat dit byna in ANC-hande laat val het.

Sedert oudpres. Jacob Zuma se bedanking byna drie maande gelede is daar groeiende aanduidings van verbroedering en toenadering tussen die ANC en die EFF, met veral vyf voorbeelde ter sprake, en een bydraende faktor van elders.

Die eerste aanduiding is die wedersydse respek waarmee Malema en pres. Cyril Ramaphosa mekaar in die parlement en elders op openbare platforms behandel. Dit is duidelik dat die ANC besef dat, as hul huidige afwaartse trajek in kiesersteun voortduur, hulle die EFF se steun kan nodig kry om te bly regeer ná volgende jaar se algemene verkiesing.

Dit lyk strategies slim van die ANC, en staan in kontras met die DA se gedrag, waaroor hieronder meer.

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Facebook

Die tweede aanduiding is dat die ANC en die EFF nou saamstaan in Nelson Mandelabaai – minstens in soverre dit hul teenstand teen die DA betref. Dit is die eerste stadsraad sedert 2016 waar die EFF teen die DA stem. As daar pogings van die DA is om die kwessie met die EFF-leierskap op te klaar, geskied dit baie ver onder die politieke radar.

Eerder het veral wit leidende DA-figure, waaronder die burgemeester van Nelson Mandelabaai, Athol Trollip, dit goedgedink om die EFF striemend aan te val op die DA-kongres vroeër vandeesmaand in Pretoria.

Die derde aanduiding is die mosie oor onteiening sonder vergoeding wat in Februarie deur die parlement aanvaar is en waaroor insette van die publiek tans afgewag word. Enigeen kan nog tot 30 April kommentaar lewer aan die Parlement, Posbus 15, Kaapstad, 8000.

Dat die ANC en die EFF kon saamstem oor hierdie kernkwessie, wat kan uitloop op die skrap van die eiendomsklousule in die Grondwet, was ʼn reusagtige oorwinning vir die EFF, al het die ANC die aanvanklike mosie grootliks gematig.

Informele gesprekke tussen die EFF en diegene in die ANC wat met die kwessie gemoeid is, is reeds aan die gang. Dit is minder duidelik of die DA tans kontak maak met diegene in die ANC wat teen onteiening sonder vergoeding is.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die vierde aanduiding is die toegewings wat die ANC reeds gemaak het oor die ses beleidskwessies wat veroorsaak het dat die EFF nie in 2006 met hulle kon saamwerk in munisipaliteite nie.

Hieronder tel die afdanking van Zuma en die opsegging van die voorgenome kernkragooreenkoms met Rusland. Uitstaande kwessies sluit in die nasionalisering van myne, grondonteiening, die skrap van “Die Stem” uit die volkslied en, les bes (as moeilikste stap) optrede teen alle korrupte ANC-partyleiers en ontplooide kaders in die staatsdiens.

Die laaste aanduiding is dat Malema sy stellings oor uiteindelike samewerking en eenwording met die ANC in onlangse tye taamlik uitgebrei het.

Van al die EFF-leiers was Malema nog altyd die gretigste om met die ANC saam te werk, hoewel hy dit in Februarie in ʼn mediakonferensie in die parlement heftig ontken het. Die dood en begrafnis van die vryheidsvegter Winnie Madikizela-Mandela, wat vir Malema soos ʼn moeder was, en haar wens dat die ANC en die EFF een of ander tyd weer moet herenig, het nuwe emosionele stukrag aan so ʼn neiging gegee.

Terselfdertyd het ander bronne in die EFF met wie Maroela Media die afgelope naweek gesels het, gesê daar moet nie te veel in die huidige gebeure ingelees word nie, maar dat die EFF sal doen wat hulle kan om hul beleidspunte aanvaar te kry deur wie ook al op ʼn spesifieke plek aan bewind is.

Die bydraende faktor van elders is die DA se houding teenoor die EFF. Dit wil nie voorkom asof die byna twintig maande sedert die munisipale verkiesing van 2016 juis deur die DA-leierskap gebruik is om persoonlike lojaliteitsverhoudings met die EFF op te bou nie. Daar is ook ʼn groot groep in die DA wat eintlik niks met die EFF te doen wil hê nie, en alles moontlik doen om samewerking tussen die DA en die EFF te belemmer – om van die belemmering van beleidsgesprekke waarna die EFF sedert 2016 vra, nie te praat nie.

Terwyl die gedrag van diesulkes in die DA sekerlik verstaanbaar is gegewe die EFF se strydlustigheid, en terwyl dit in die kort termyn sowel takties suksesvol as onder die DA se kernmark uiters gewild is, sou baie mense wonder oor die strategiese wysheid daarvan.

Wat is die DA se strategie betreffende die EFF? Die slegste moontlike uitkoms vir DA-ondersteuners op elke vlak is tog sekerlik dat die ANC en die EFF saamwerk?

Daardie proses het nou tentatief begin. Dit sal interessant wees om te sien of die DA ʼn strategiese teenskuif in sy arsenaal het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Zoro ·

Dit wil vir my voorkom asof die EFF besig is met politieke ” prostitusie” gebruik maar beskerming

Lollie ·

Hulle kan dit net sowel bekend maak aan die hele wêreld want al doen elkeen dit onder sy eie naam en vaandel werk hulle tog nog altyd saam. Hulle hoof doel is om blankes te moor en te verjaag. Albei doen dit in elk geval. Wat is die verskil tussen hulle? Niks! EFF basuin net hulle beleid hoorbaar uit en ANC doen als suutjies en om die hoeke maar hulle staan vir dieselfde dinge.

Einde is in sig ·

AG ONS WEET DIT NOG ALTYD .. die EFF was nog altyd die militere vleuel van die ANC, en agv die verskillende faksies in die ANC is hulle bang hulle kry nie die twee derde meerderheid nie so hulle sal ALLES in die stryd werp om die EFF aan hulle kant te kry en hulle te INKORPOREER sodat die ANC weer die magtige 80/20 party kan wees, met die RADIKALE elemente van die EFF ingesluit .. ONS WEET DIT AL BAIE JARE< gedink ons wittes is stupid??? DIE DA het geen teenskuif nie hy sal nie met die VF of Cope saamwerk nie want hulle is nie LIBERAAL genoeg nie so ek voorspel dit is die begin van die EINDE VIR DIE DA!

Aan Rollie ·

Die DA is n ANC lite. As jy naief genoeg is om te dink that die Afrikaner oor die lang termyn kan oorleef sonder enige vorm van selfbesikking, of as jy net nie omgee nie, moet jy maar ANC lite stem. Die DA was op n tyd kleiner as die VF plus en kan maklik verkrummel.

Jerry ·

Wat het die DA en VF- in gemeen. Beide die partye het Afrikaners wat vir hulle stem en beide is teen grondonteiening sonder vergoeding. Ek reken dus dat gegewe die ANC en EFF se saamsnoer geluide dat die DA en VF- mekaar iewers langs die pad gaan ontmoet.

Casper Labuschagne ·

@Jerry, hoe maak jy my nou opgewonde met jou woorde dat die DA en die VF+ mekaar sal moet ontmoet. Sal dit nie ‘n blye dag wees nie as die DA al hierdie dinge doen nie; dat die DA selfbeskikking vir die wit minderheid sal nastreef; hulself hervorm na ‘n Christelike organisasie wat God eerste stel; as die DA hul rug draai op aborsie op aanvraag wat gewettigde moord is; dat die DA die Afrikanerkultuur aktief sal bevorder en beskerm; dat die DA die erkenning sal geen aan Afrikaans en die gebruik van Afrikaans sal beskerm en veral as die DA die biologiese werklikheid sal erken dat daar slegs twee geslagte bestaan en daarom voel dat die bevordering van gay regte nie nodig is nie. Ek sal so verheug wees!

Cherokee ·

Jeremy se antwoord op jou kommentaar is steeds uitstaande, Casper. Waarskynlik hoef jy ook nie staat te maak daarop nie. Netjiese uitleg wat jy gedoen het. Dan sal die DA ook ophou stem daarvoor dat velkleur die enigste oorweging moet wees by vakature aanstellings.

Koos ·

Die DA probeer iets vir almal wees, ‘n groot fout. Die EFF is ‘n klomp onstabiele opstokers wat met ‘n gevurkte tong praat. Maimane is ‘n liggewig wat nie die DA gaan uitbrei nie en die leierskap bo ander ervare mense gegee is op ‘n skinkbord. Mense staal julleself, daar is swaar tye op pad…

Gerhard ·

Die DA probeer nog altyd iets vir almal wees, daarom die bynaam ANC Lite. Die probleem is die ANC doen dit nou beter as hulle.

Sam ·

Dit wil lyk of dit vir die populistiese politici bloot gaan oor hoe om ‘n geveerde pos te bekom, of een te behou. Alhoewel hulle dit konstant voorgee, is die voorspoed van die land en sy mense nie eintlik vir hulle ‘n oorweging nie. Trouens, dit lyk of die aspek meestal buite hul begripsveld is. Vir die meer tegnokraties-georienteerde partye is dit waarskynlik nie maklik om aanklank te vind by die populiste nie.

Gerhard ·

Dit voel so effens of die artikel geskryf is om mense uit te lok. Tog stem ek saam dit is tyd vir die DA om sy ware kleure te wys. Dit is nou of nooit, verewig in opposisie of mik vir goud. Tyd om die vrug ryp te druk. Komaan Maimane! Afrikaners moet uiteindelik leer hulle is net stemvee en politieke kanonvoer.

PLP ·

Waarskuwing aan ANC pasop vir die EFF. Hulle is onbetroubaar, loop van politieke party tot politieke party en soek aandag. Soos n klein brakkie wat nerens hoort nie. Almal vryf sy ore maar wil verder niks met hom te doen he nie. Is dit dalk die einde van die EFF en in besonder Malema. Die EFF en ANC gaan nie PE vat nie julle het klaar daar pakslae gekry. Malema en sy EFF is net so korrup soos wat Zuma was en nog steeds is.

Reguit ·

Dis reg, die EFF was gestig as die koverte militêre vleuel van die ANC. Hulle werk al lankal saam terwyl hulle maak (toneel speel) as of hulle kamstig “twee afsonderlike entiteite” is. Dis net oëverblindery. Wag maar. Die wittes sal nog op die harde manier leer – dat om aan Azanië se “stemmery” deel te neem futiel is, dat dit ‘n mors van tyd was, en steeds is.

Casper Labuschagne ·

As ek ‘n dogmatiese Stalinis was wat ‘n volslae marxistiese bestel in Suid Afrika wou bewerkstellig, sou ek uiters opgewonde geword het oor berigte dat die ANC en EFF mag saamwerk, of dalk selfs sal saamsmelt. Vir die wat nie hieroor opgewonde is nie, is dit nag.

Ryan ·

Die DA kan ook maar eintlik gaan doppies blaas. Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle nie omgee of die stem uitgehaal word nie. Hulle ken net “haatspraak” as dit wit teen swart is. Hulle wil graag soos die DNC wees in Amerika. Hulle kan by die circus bly en dit geniet daar. Die enigste oplossing is selfbeskikking en autonomie vir Afrikaners.

Johan Strydom ·

Presies, ons kan nie op ander mense staat maak om ons te beskerm of ons belange te bevorder nie. Selfbesikking is die enigste uitweg. Dit kan verskeie vorms aanneem soos vrystede of Afrikaner rade wat oor sommige goed soos onderwys, kultuur ens. Beheer het of n kombinasie hiervan. Ek dink n Volkstaat is onrealisties, maar wie weet miskien eendag.

Don ·

Ramaphoza het vir Julius gevra om weer terug “huis” (ANC) toe te kom. Vraag is, wil R seker maak hulle smelt saam sodat die EFF stemme in 2019 aan die ANC verseker word? Alhoewel die DA se munispaliteite goed bestuur word is Maimane se DA maar eintlik ook ‘n swart ras georienteerde party (coffin case, zille colonialism, pro Affirmative action, geen aksie/kommentaar teen plaasmoorde). Hier kom groot moeilikheid, hoop almal is beveilig en gewapend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.