Hoe lyk die toekoms van Afrikaans in 2016?

tuks-afrikaans-geweld

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria. Foto: Twitter via @_Dakie

Die aanslag op Afrikaans het die afgelope paar weke opnuut sy kop uitgesteek. “AfrikaansMustFall” is gedreunsang en teen mure van geboue gespuitverf. Daarmee saam het klippe, bakstene en rubberkoeëls deur die lug getrek. “Doen weg met Afrikaans of ons maak dié plek onregeerbaar!” is gedreig. Die manne in rooi het taalstryders en liefhebbers van Afrikaans warm onder die kraag gehad.

Dat die toekoms van Afrikaans veral by universiteite bedreig word, is duidelik. Die meerderheid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se senaat het reeds vir die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal gestem. By die Universiteit van Pretoria (UP) hang die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal in die weegskaal. Die bestuur van die Stellenbosch Universiteit dreig ook kort-kort dat hulle Afrikaans as onderrigtaal gaan afskaf.

ʼn Mens kan nie help nie om te wonder hoe die jongste politieke aanslag teen Afrikaans die toekoms van Afrikaans, veral as wetenskaptaal, bedreig. Die vraag is dus: In hoe ’n mate word die toekoms van Afrikaans as wetenskaptaal bedreig deur die (potensiële) afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal by tradisioneel Afrikaanse universiteite?

Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, is van mening dat ons in die onderwysdomein ʼn drasties veranderde landskap vir Afrikaans as medium van onderrig te wagte kan wees. “Afrikaans is ʼn baie sterk taal, ook as onderrigmedium en as ʼn wetenskapstaal. Dit blyk egter dat ons taal se sprekers besonder flink oorskakel na Engels as medium van onderrig. Die redes hiervoor is algemeen bekend, soos byvoorbeeld dat Engels ʼn wêreldtaal, die taal van die werkplek en ook die taal van moderniteit is,” sê Beukes.

Daar bestaan nietemin min twyfel by Beukes dat Afrikaans ’n toekoms in Suid-Afrika het – mits Afrikaanssprekendes aanhou om vir hul taal te veg. “Na my mening moet ons as Afrikaanse taalgemeenskap besin oor hoe ons die sienings van ons taalgemeenskap kan probeer beïnvloed. Ons moet houdings kan verander oor die ongelooflike prestasies van Afrikaans as wetenskaptaal. Ons moet voorts met taalbewussynsprogramme mense oortuig van die waardevolle plek en waarde van Afrikaans in die skool en op universiteit,” sê sy.

Beukes meen die Afrikaanse taalgemeenskap kan ʼn groot bydrae lewer om die voortbestaan van Afrikaans as wetenskaptaal te verseker. “Ons moet op beduidende skaal fondse inwin om private skole en universiteite, soos Akademia en Sol-Tech, lewensvatbaar te maak. Ons moet voorts die taalgemeenskap oor alle grense heen oortuig om hierdie moedertaalinstellings te benut,” sê sy.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van taal en kultuur by AfriForum, meen Afrikaans het as taal tot op ’n indrukwekkende hoë vlak ontwikkel . “Met meer as 6 miljoen moedertaalsprekers is Afrikaans een van die 150 grootste tale in die wêreld. Afrikaans is ongetwyfeld ʼn hoëfunksietaal wat vir alle doeleindes gebruik kan word,” sê Bailey.

Volgens Bailey is Afrikaans in alle rigtings – van wetenskapsbeoefening tot letterkunde – van internasionale gehalte. “Afrikaans word deesdae ook tersiêr onderrig in die VSA, Rusland, België, Nederland, Pole en in ander lande. Dit is ʼn nasionale bate en sleutel tot die kultuur en geskiedenis van die sprekers daarvan,” sê Bailey.

Wat die toekoms van Afrikaans betref, twyfel Bailey geensins dat Afrikaans, ongeag die jongste aanslae teen die taal, hier is om te bly nie. “Tans is daar geweld op kampusse en enkele mense glo dit gaan oor Afrikaans. Nee, Afrikaans is maar een verskoning daarvoor… Die stryd is teen ʼn Westerse akademiese etos, nie teen ʼn bepaalde taal nie,” meen Bailey.

Bailey waarsku egter dat indien die aanslag teen Afrikaans nie bestuur word nie en Afrikaans nie beskerm word nie, internasionale standaarde en akademiese uitnemendheid helaas ook nie meer ʼn plek in die land het nie. “Daarom moet ons die status van Afrikaans ten alle koste behou,” waarsku Bailey.

Bailey meen Afrikaanssprekendes kan soos volg tot die behoud en bevordering van Afrikaans bydra:

• Deur hul reg tot Afrikaanse moedertaalonderrig op alle vlakke ferm, maar waardig te eis;
• Deur hul werkstukke, publikasies en ander akademiese werk in Afrikaans te doen;
• Deur hulle nie te steur aan mites oor Engels wat die sleutel tot internasionale sukses is nie. Afrikaans het nie dr. Japie van Zyl van ʼn suksesvolle loopbaan by Nasa weerhou nie, dit het nie Chris Barnard daarvan weerhou om ʼn hart oor te plant nie, en dit het ook nie vir Deon Meyer van internasionale roem as skrywer weerhou nie;
• Deur Afrikaanse produkte en sakeondernemings te steun sodat die Afrikaanse wêreld ook kan werk bied aan mense wat in Afrikaans studeer; en
• Deur hulself en mense om hulle bewus te maak van wat “taalregte” beteken en waarom dit belangrik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Irene ·

Alles wat wit mense doen must fall waar is rassisme nou weet ons is slimmer moouer en die beste

Aster ·

Ek kry my arme kinders so jammer. Soos dit vir my lyk sal hulle nie die voorreg hê om in hulle eie taal vorentoe te kan gaan nie. Dis so hartroerend om te sien hoe hierdie van ons kinders ontneem word. Dis regtig nie meer lekker om in SA te bly nie. Wat bly werklik oor hier vir ons kinders?? Die Afrikaners word uitgewis. Ons taal, ons geskiedenis ons mense, ons boere. Ek wonder regig of dit ‘n goeie idee is om privaat skole en universiteite te bou…die spul goed sal net weer ‘n probleem met dit hê en dit kom staan af brand! Stig eerder ‘n private Afrikaanse skool en universiteit iewers in ‘n ander land soos Australië, Nieu-Zeeland of Kanada…daar kan ons Afrikaaners ten minste in vrede bly en sal dit nie afgebrand word nie. As dit kan gebeur trek ek more!

Johann Barnard -Pta ·

Aster, dis heeltemal waar wat jy sè. “Hulle” wil ons tog nie in hierdie land hè nie!!! Net jammer fw de k kon dit nie sien kom nie. Die rykes moet hul geld bymekaar sit en vir ons n eiland koop. Dan trek ek al mòre!!

Gesina ·

Wanneer kom die #JESUSmustFALL veldtog? Want ons almal weet dis volgende.

Theuns ·

Inge baie goeie komentaar. Ek stem saam met die menings van die persone in jou skrywe. Afrikaans bly n wonderlike taal. My seun kom nou hier by my aan en vra of hy my” Koel Koffer” kan leen.(Cooler Box) Ek dink dit moet n nuwe woord wees.!

JC ·

Koel Koffer. Dis te oulik, en Afrikaans is te oulik, en sal nooit werklik bedreig wees nie ten spyte van sinnelose aggressie daarteen (hoe kan jy in die eerste plek aggressief en vol haat wees teen ‘n taal???? Jaloesie miskien daarteen, en teen die sprekers daarvan?) Indien ons volhou om Afrikaans in alle fasette te ondersteun ( EN LIEF TE WEES OM ALLES DAARIN TE DOEN)-Akademia, Afriforum, Sol-Tech en Solidariteit- sal Afr floreer maak nie saak wat nie!

JC ·

Gaap…van verveligheid. Is daar nie iets beters vir die besondere indiwidue om hul mee te bemoei nie, soos um…wat sal dit nou wees…hul studies, miskien?

JP ·

Ek het geen respek vir die klomp idiots nie.Alles wat vandag in S.A gebou is was met bloed sweet, verdrukking deur die Engelse in die Boere oorlog ens.Gaan slaan maar die Woord na , waar daar n SLAAF aan n land in bewind is gaan dit alles ten gronde!!!!Wat van Zulu,Xhosa en die ander tale wat ook maar kan “FALL”…Ek is so gatvol vir hulle haat spraak teenoor die Blanke wit man wat nie eens n bestaan kan maak in sy geboorte land nie!! Ons is die verdrukte,s!!!

Trots Afrikaans ·

Ag wat, ek boikot nou die res. My geld praat Afrikaans. As jy dit nie kan praat nie kan jy dit nie kry nie, kos, werk, hulp, skenkings, alles van my is Afrikaans.

Ek maak ‘n punt daanvan om by winkels te koop met afrikaanse name en kennisgewings. Eetplekke met Afrikaanse spyskaarte. Kruideniersware wat in Afrikaans is.

Ek dring aan op Afrikaans en my geld ondersteun my hierin.

John ·

Ons was nou die aand verras tydens die beeldsend van die reeks oor Namibie dat die Ovambo’s pragtig Afrikaans praat in die onderhoude. Die Kleurlinge daar praat ook Afrikaans en hou kerkdienste in Afrikaans. Iewers sal daar altyd ‘n Afrikaanse vuurtjie bly brand. Hou moed!

Irene ·

Daar is erger dinge as taal wat verkeerd is in die land jy sien of hoor nie die wit mense het a probleem met a ander taal nie a me ns wil asb net met sy lewe aan gaan in godom en gomoro

Ludwig ·

Afrikaans sal bly voortybestaan, solank ons dit ordentlik praat, skryf en op enige ander manier besig. Hierbo word verwys na die Afrikaans van Namibië se Owambo’s. Kom luister gerus na die Afrikaans wat Namakwaland se bruinmense praat. Dis mooi, dis suiwer, dis geen mengtaal nie, dis ‘n taal uit die hart, met pragtige eie woorde en nuutskeppinge wat in geen woordeboek opgetekjen sal word nie. Hoekom? Omdat dit die mense se hartstaal is. Solank dit ons almal se hartstaal is, só lank sal Afrikaans bly voortbestaan. Ons móét eenvoudig sorg dat ons taal oral gehoor word. Ek en my vrou het eenkeer in Hongkong by ‘n wagplek Afrikaans gepraat, toe kom gesels ‘n klein Chinese dogtertjie met ons, want sy kon toe Afrikaans wat sy hier geleer het toe haar ouers hier gewoon het. Dit was ‘n baie aangename verrassing.

JC ·

Dis awesome! Ek het op Tuks ‘n manlike medestudent van Taiwanese (of Chinese) herkoms geken wat Afrikaans is! Net ‘n normale ou wat “een van die ouens was”.

JC ·

Om die vraag vervat in die opskrif van die artikel te beantwoord- Wonderlik, dinamies en vooruitstrewend! Ai tog, hoe wonderlik is dit nie om Afrikaans te praat nie hehe!

Ekke ·

Kyk net wat het gebeur vandat die Rooi Mafia leier Malema sy verskyning gemaak het.
Stakings wat lei tot massa werkverliese!!
Tantrums wat lei tot Geboue, Skole, Universiteite word afgebrand en verwoes.
Busse en voertuie word aan die brand gesteek.
Hoeveel mense word met stene in hul motors gegooi.
Agv werkloosheid skiet misdaad die hoogte in.
Die verwoestende Eff en ons korrupte staat gaan hier niks oorbly nie.
Jare gelede was daar apartheid gewees, maar hulle oortref alle apartheid wat oot bestaan het.
Wat sien ons elke liewe dag op die nuus.
Moord, stakings, geboue en voertuie wat brand, korupsie n sirkus in die Parlament jy sien net rooi.
Hou net op om n sensasie van al die bogenoemde te maak!!!
Sodra hulle nie die nuus behaal en van hulle lees in die koerante nie (dis nou die wat kan lees. Die ander ky of hulle foto’s daarin is).
Fokus op die positiewe daar moet tog sekerlik iets positiefs wees wat ons vir ons mense kan oordra.
Wat maak n kind as hy sien hy kry nie sy sin nie, hy bedaar en speel verder

Rosa ·

Foto van vetkoek by “Hoe lyk die toekoms vir Afrikaans? Ek sou sê smaaklik!!

Sarie ·

My dogter was vandag deur die bestuurder van Standard Bank op Ermelo aangesê om die brief( claim form wat die bank se fout was), in Afrikaans weer te gee. “Honey, Afrikaans died a long time ago”, was sy woorde aan haar, Ek het hel wel ñ complaint vorm ingedien. Onaanvaarbaar vir iemand in so ñ hoë pos. Ek sien dit as diskrimminasie

John ·

Eerder vra hoe lyk die toekoms van Afrikaners. Hebreeus sou nie vandag nog bestaan as die Hemelvader nie die volk beskerm het en gehelp het om orals waarheen hul moes vlug. Kyk hoe gaan dit regoor die wereld, en dit was nog altyd so. Mense word bedreig deur gierige terroriste wat wapens gebruik om minerale en grond te buit, die inwoners te beroof en vroue en kinders te mishandel nie. En almal vlug bevrees na ander lande. Orals is mense aan die vlug — nog altyd. Die 1976-onluste is nie deur ‘n skoolkind begin nie. Agter alles sit opstokers, soos die brande onlangs in die noorde van die land. Engelse skole is afgebrand. Nie oor Afrikaans nie. Die EFF en die ANC hou van die idee van ‘n boerestaat want hulle kan die inwoners daar op ‘n kol jaag, omsingel en uithonger. Dis hoekom ‘n hawe altyd vir elke land ‘n prioriteit is. Geen taal, hoe soet ookal op die tong, maak ‘n maag vol nie.

Pierre ·

Ek praat slegs Afrikaans wanneer ek ‘n winkel in stap. As ‘n persoon wat my bedien nie Afrikaans magtig is nie, moet hy/sy iemand gaan roep wat my in Afrikaans kan bedien anders verlaat ek die winkel sonder om te eet of te koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.