Koronavirus:  Stel jou vrae

Voetgangers dra maskers as voorsorgmaatreëls (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Daar heers tans wêreldwyd groot onsekerheid oor die koronavirus en baie mense vra of dit regtig die paniek werd is al dan nie.

Van oraloor word die publiek gebombardeer met inligting en die vraag is: Hoe word al die inligting gefiltreer? Hoe weet die publiek wat is waar en wat is fopnuus?

Baie mense loop met vrae rond soos: Hoe presies word dit oorgedra? Wat moet ek doen as ek vermoed ek het die virus? Hoe voorkom ek dit? Hoe word die virus behandel, en so meer.

Maroela Media gaan ʼn paneelbespreking fasiliteer wat regstreeks op die webwerf en op Facebook uitgesaai word. Daar gaan gepoog word om die meeste vrae te beantwoord. Prof. Anton Stoltz, verbonde aan die departement interne medisyne by Universiteit Pretoria, dr. Anchen Laubscher, groep- mediese direkteur van Netcare, en dr. Jerrie Bezuidenhout, direkteur: mediese dienste te Vista Kliniek, gaan help om die meeste vrae aangaande dié virus te beantwoord. Maroela Media se nuusredakteur, Elaine Krige, gaan die fasiliteerder van die gesprek wees.

Skakel op 11 Maart om 11:00 in op Maroela Media se Facebook-blad vir die paneelbespreking om te sien wat dié kenners oor die virus sê.

Kom volg die koronavirus-paneelbespreking net hier op Maroela Media. Stel jou vrae vroegtydig aan die paneel deur die onderstaande vorm voor Dinsdag 10 Maart om 15:00 in te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.