[Meeste gelees] Top 10 In diepte-artikels in 2015

Argieffoto

Argieffoto

Hiermee die gewildste diepte-artikels wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.

  1. In diepte: Die IS-tydbom tik

Die grusame werklikheid dat terroriste van die Islamitiese Staat (IS) ʼn soortgelyke slagting, soos die naweek in Parys, hier in Suid-Afrika kan ontketen, is ʼn ontstellende werklikheid, skryf De Wet Potgieter.

  1. ANC-helkampe: ‘Niemand weet hoeveel mense is vermoor nie’

As daar een stukkie van Umkhonto we Sizwe (MK) se geskiedenis is waaroor hulle liefs nie wil praat nie, is dit die wreedhede van die “vryheidsvegters” se eie gevreesde veiligheidspolisie, Mbokodo, in aanhoudingskampe, soos Quatro in Angola.

  1. Johann Beukes: ʼn Onderhoud voor die dood

Johann Beukes, ʼn bekende sakeman van Bloemfontein, het in die ouderdom van 66 sy lewe in ʼn kliniek in Zürich, Switserland, met behulp van ʼn genadedood-organisasie beëindig. Hierdie onderhoud is twee weke voor sy dood, met hom gevoer.

  1. In diepte: Vrou vertel van dwelmhel; internasionale dwelmsindikate in SA

Sonette Redelinghuys* (29) was 16 jaar oud toe sy, vars en onskuldig uit die platteland, vir die eerste keer in Pretoria met dwelms deurmekaar geraak het.

  1. In diepte: Verdagte vas oor polisiemoorde; ‘wanorde van regstelsel oopgevlek’

Tydens die Paasnaweek het ’n reuse operasie die totale wanorde wat in die land se regstelsel heers, tot op die been oopgevlek, skryf De Wet Potgieter.

  1. In diepte: Herrie oor polisie-gedenkteken by Uniegebou

“Ons het gedien en ons makkers het gesterf onder die ou SAP-embleem en daardie gedenkteken by die Uniegebou is met ons eie bloedgeld gebou en ingewy, en nie deur die ANC-regering nie.”

  1. In diepte: Kopluismiddel hou dalk gifgevaar in

Niksvermoedende ouers het ʼn middel teen kopluise van ʼn privaatverskaffer in die Pretoriase Moot gekoop sonder om te besef watter skadelike uitwerking dit moontlik kan hê. Die polisie en staatsinspekteurs wag nou op die forensiese uitslae om amptelik vas te stel watter soort insekdoder in die middel, “Treatment for Head Lice”, gebruik is. De Wet Potgieter het ondersoek gaan instel.

  1. In diepte: Moord op Monsieur steeds onder ANC se korrupsiemat

Afgesien daarvan dat die 56-jarige man geweier het om stil te bly oor die wapenskandaal, was hy ook tydens sy dood as polisie-reservis besig met ondersoeke na motorkapings- en roofsindikate waarby ANC-kaders na bewering betrokke was.

  1. In diepte: IS werf ook jihadi’s in SA

Pres. Jacob Zuma se politieke spioenmeester, die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo en sy amptelike woordvoerders kan dit ontken totdat hulle blou in die gesig word, maar volgens alle aanduidings is daar simpatie vir die Islamitiese Staat (IS) in Suid-Afrika en word werwing inderdaad gedoen vir IS-jihadi’s om in Irak en Sirië vir die Kalifaat te gaan veg.

  1. In diepte: Die onderwêreld se eie spoor van geregtigheid

Vier jaar gelede, op Paasmaandag, is die omstrede rampokkerleier, Cyril Beeka, deur sluipmoordenaars op ’n motorfiets in Kaapstad doodgeskiet. Sy moordenaars is vandag nog op vrye voet en sedert sy dood het heelwat nuwe inligting oor die internasionale misdaadnetwerke se tentakels in die Suid-Afrikaanse onderwêreld bekend geraak, berig De Wet Potgieter.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.