Mosselbaai-grondverskuiwing: Gebied moet dringend ontruim word

Foto: Susan Purén

Sowat 20 eiendomme in die Seemeeupark- en Seemeeuvlug-ontwikkeling in Mosselbaai moet dringend ontruim word.

Dit is die bevinding van ʼn span gerespekteerde kundiges wat pas ʼn verslag oor die voortdurende grondverskuiwings in die spogwoonbuurt Hartenbosheuwels bekend gemaak het.

Die verslag is verlede week aan die boureguleerder, die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC), gestuur wat dit waarskynlik vandag met die betrokke regeringsdepartemente en die Mosselbaai-munisipaliteit sal bespreek.

Sowat 60 gesinne moes in Oktober 2016 hulle huise in die woonbuurt ontruim toe groot krake feitlik oornag in die mure verskyn het. Baie van die huise is destyds gesloop, maar Seemeeuvlug word steeds bewoon.

Foto: Susan Purén

Die gesinne wat hulle eiendomme verloor het, is besig met regsaksie teen die Wes-Kaapse provinsie en die Mosselbaai-munisipaliteit. Die NHBRC is die derde respondent in die saak waarin skadevergoeding van R200 miljoen geëis word.

Maroela Media het twee maande gelede berig dat die huise, wat in twee ou ongerehabiliteerde gruisgroewe gebou is, steeds verder kraak en dat waterpype feitlik daagliks herstel moet word. Die berig het die aandag van die span kundiges getrek waarna ʼn besoek aan die terrein gebring is.

Prof. J Louis van Rooy, ʼn ingenieursgeoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het die verslag opgestel in samewerking met ʼn grondkundige, dr. Johan van der Waals, en ʼn hidroloog, dr. Riaan Titus. Dit is vandag dringend vrygestel nadat Mosselbaai die afgelope naweek deur ʼn wolkbreuk getref is en sowat 50 mm reën op plekke geval het. Groot skade is in verskeie woonbuurtes aangerig.

Foto: Susan Purén

Die verslag sê die betrokke ontwikkeling is op ’n mislukte hellingstruktuur geleë en dat daar steeds hellingbewegings plaasvind.

“Die bewyse dui op die moontlikheid van ʼn voortdurende stadige afwaartse beweging, ʼn moontlike verhoogde hellingbeweging as die grondwatertoestande vererger, of ’n skielike groot katastrofiese hellingversaking,” skryf Van Rooy in sy verslag.

“Dit kan ook veroorsaak word met ’n skielike toename in grondwater op die terrein of omgewing.”

Foto: Susan Purén

Van Rooy sê die historiese en huidige getuienis dui duidelik daarop dat die grond onder die fondamente van die huise skuif.

Volgens die verslag is die helling nie geotegnies ondersoek om wetenskaplike bewyse en geologiese besonderhede te verskaf om enige van hierdie scenario’s te ondersteun of te ignoreer nie.

“Die omstandighede bewys egter die feit dat die helling misluk het en steeds onstabiel is.”

Die finale aanbeveling is duidelik: “In die lig van bogenoemde word aanbeveel dat die oorblywende eiendomme wat nog bewoon word, dringend ontruim word en dat die uitslag van verdere ondersoeke of ander prosesse nie gebruik word om die verdere besetting van hierdie huise te motiveer nie.”

Die Mosselbaai-munisipaliteit het intussen gesê hulle het nog nie prof. Van Rooy se verslag ontvang nie en dra geen kennis van die ondersoek nie. Hulle het telefonies aan Maroela Media gesê die terrein word maandeliks deur kundiges gemonitor en daar is nie rede tot paniek nie.

Die munisipaliteit het ook onderneem om nog hierdie week hulle geo-hidrolologieseverslae aan Maroela Media te oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

Hierdie gaan n baie duur les wees vir die ontwikkelaar en munisipaliteit .

Stormrider ·

Toemaar wat, die NHBRC vorder dermiljoene in. Hulle kan maar gerus bietjie geld uitgee ook, as die fondse nie reeds geplunder is deur die ANC nie.

johan twee ·

Never but never fear when HSBRC are near HA HA HA ! ! ! ! ! ! ! Ek lag sommer vir n dag !

Brigit Maritz ·

Mosselbaai munisipaliteit is in beheer. Laat hulle opdok. Oral is daar hofsake teen hulle. Vir sulke gemorse.

B ·

Van die DA se webwerf:

‘Mossel Bay Local Municipality is one of the top five best-run municipalities in the country
The DA-led municipality has received consistently clean audits, evidencing honest spending. The vision for the next term is to be a trend-setting, dynamic municipality delivering quality services responsive to the demands and challenges of the community and our constitutional mandate, in which everyone can work together in harmony and dignity.’

Aksie SA ·

The Mossel Bay Municiplity have not received a clean audit for 2018/2019! The statement thus is a lie! Can the Mossel Bay Municipality pleasse explain, why and how was a residential zoning and development approved within an unreabilitated quarry? They must accept full responsibility and accountability. This matter must continue to be investigated by independent experts, together with a full audit of municipal property transactions over the past 25 years!

Nico ·

Hoekom moet die munisipaleteit betaal? As daar ‘n regte ondersoek gedoen word sal daar waarskynlik gevind word daar weer ongerymthede van amptenare was wat hul sakke volgestop het, dus laat daardie amptenare opdok. As munisipaleteit moet opdok is dit maar net weer die Mosselbaai se belasting betalers wat moet opdok en inwoners van DA munisepaleite trek al klaar so swaar aan dienste wat skieklik hierdie jaar die hoogte in geskiet het.

Petrus ·

Die grond het na bewering aan die destydse burgermeester se pa behoort.

Aksie SA ·

hou hulle aanspreeklik en verantwoordelik, met regsgedinge wat hulle deeglik sal roep tot verantwoording en restitusie! Genoeg is genoeg! Die moontlikheid van dorpskaping moet ook ondersoek word…. asb! Politici en amptenare verkeer onder ‘n waan, dat die kiesers en inwoners aan hulle behoort, dis presies andersom!

Lizzy ·

Terwyl die skadevergoedingsaak sloer, word nuwe huise en selfs ‘n kerk ‘n klipgooi van Seemeeupark gebou en verkoop . . . Hoe werk dit? Die nuwe Monte Christo-spogontwikkeling in Hartenbos het ook reuse-skade ná een harde stortreënbui gehad waar ‘n hele pad wegspoel en huise oorstroom? Hier is BAIE slange in die gras wat ondersoek moet word en die munisipaliteit is lankal nie meer onder die top-tien nie.

Wingman ·

‘n Vis vrot van die kop af. Geen wonder die DA het ‘n leierskapkrisis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.