Pa vasbeslote om oord te sluit ná seun sterf

Aiden du Toit is in November 2017 by die ZambiBush-oord dood. (Foto: Verskaf)

Wat veronderstel was om ʼn heerlike uitstappie op ʼn sonnige lentedag in Pretoria te wees, het in ʼn nagmerrie ontaard toe die tienjarige Aiden du Toit by die ZambiBush-waterpark in die noorde van die Jakarandastad dood is. Nou doen Aiden se pa, Deon du Toit, alles in sy vermoë om dié oord gesluit te kry.

Aiden het in November 2017 gesterf nadat hy sy kop op een van die glybane by Zambibush gestamp het.

Die ondersoekende tydskrif, Noseweek, berig Du Toit sê nou hy het voldoende bewyse dat ZambiBush onwettig bedryf word en ʼn gevaar inhou vir die honderde kinders wat weekliks die waterpark se glybane gebruik.

“Ek wil nie finansieel vergoed word vir my kind se dood nie, ek wil net voorkom dat ander kinders ook beseer word of sterf,” sê hy.

ʼn Tweede kind, die sewejarige Bohlale Mokoena van Tembisa in Ekurhuleni, het twee maande voor Aiden se dood by ZambiBush vermis geraak terwyl hy saam met sy ma daar was. Sy lyk is eers die volgende dag in een van die swembaddens gevind.

Bohlale se ma, Maggie Makoena, sê haar seun se dood is steeds onverklaarbaar. “Die nadoodse verslag sê hy het verdrink, maar waar en wanneer? Ons het in al die swembaddens na hom gesoek en hy was nie daar nie.”

Sy het aan Maroela Media gesê die polisie het tot vandag nie ʼn verklaring by haar afgeneem nie. Dit is ook Elna du Toit, Aiden se ma se ondervinding. Nogtans is die polisiedossier al reeds aan die staatsaanklaer in Pretoria-Noord oorhandig.

In ʼn desperate poging om antwoorde vir sy seun se dood te kry, het Deon egter verlede jaar met sy eie ondersoek na die park begin en beëdigde verklarings van verskeie mense verkry wat nou deel van die kriminele saak vorm.

Bohlale Mokoena se liggaam is in 2017 in ‘n swembad by die ZambiBush-oord aangetref. (Foto: Best Care-ambulansdienste)

In een van die verklarings beweer iemand in die binnekring, wat nie geïdentifiseer wil word nie, dat daar nie kameras of ʼn interkomstelsel op die terrein was nie en dat dit daartoe bygedra het dat Bohlale nie vinnig gevind kon word nie. Die oord het glo ook slegs twee noodpersoneellede in diens gehad en albei het slegs oor vlak 1-noodhulp beskik, maar op die dag van Aiden se dood was een met verlof en die ander een het nie vir diens aangemeld nie.

Twee vroue wat die dag van Aiden se dood saam met Elna du Toit by ZambiBush was, beaam dat daar nie opgeleide noodpersoneel aan diens was nie. Hulle sê dat die werknemers wat wel probeer help het nie oor die nodige kennis beskik het om selfs ʼn stut om Aiden se nek te plaas nie. Hy is op die toneel dood verklaar deur private paramedici wat op ʼn noodoproep gereageer het.

Bruwer Nel, eienaar van Zambibush, het telefonies aan Noseweek gesê die bewerings teen die oord is belaglik en dat daar nog altyd kameras by die oord was. Hy het selfs aangevoer dat die polisie ná die insidente deur die beeldmateriaal gegaan het. Oor die vlak van noodverlening wat beskikbaar was, het hy gesê dat ʼn lid van die personeel wat oor ʼn vlak 3 in noodhulp beskik teenwoordig was toe Aiden du Toit beseer is.

Munisipaliteit sleep Zambibush hof toe

Intussen sê ʼn ma van Pretoria in haar verklaring aan Du Toit dat sy haar kleuterdogter met al haar krag uit ʼn oop dreinpyp op die bodem van ʼn vlak swembad by Zambibush moes trek om te keer dat die kind nie verdrink nie. Die suigaksie van die water in die pyp het die kind ernstig beseer en sy moes na ʼn hospitaal gehaas word.

ʼn 14-jarige seun van Bronkhorstspruit sê dat hy sy kop baie hard gestamp het op dieselfde glybaan waar Aiden ʼn dag later ernstig beseer is. Hy het later die dag begin sleg voel en het ook opgegooi.

‘n Lugfoto van ZambiBush. Die blou-en-wit glybaan regs staan bekend as die “Toilet Bowl”. (Foto: Google Earth)

Die gewraakte glybaan staan as die Toilet Bowl bekend en is kort voor die kinders beseer is voltooi en vir die publiek oopgestel. Du Toit het onlangs verneem dat bouwerk aan dié glybaan nie deur ʼn spesialis bouer voltooi is nie. Die bewering is dat die maatskappy geweier het om veranderings aan die ontwerp aan te bring omdat dit die veiligheid van die glybaan kon beïnvloed.

“Ek is magteloos, ek weet nie wie die glybaan klaar gebou het en of dit ooit aan die veiligheidstandaarde van die ontwerper voldoen het nie,” sê Du Toit.

Pretoria-Noord Rekord het in Desember 2015 berig dat twee mans ernstige snywonde opgedoen het toe hulle by ʼn waterglybaan by ZambiBush afgegly het. Luidens die berig is een man se arm en hakskeen oopgekloof, terwyl die ander ʼn diep snywond aan sy bobeen opgedoen het.

Intussen toon munisipale rekords dat ZambiBush op landbougrond bedryf word en dat elk van die vier hoewes waarop die oord gebou is slegs een huis en ʼn padstal mag op hê. Ander bedrywighede wat deur wetgewing op landbougrond verbied word sluit onder meer in ʼn ontspanningsoord, ʼn piekniekplek, ʼn lodge en kampeergeriewe en dit is alles by ZambiBush beskikbaar.

Nel is reeds drie keer sedert 2013 deur inspekteurs van die Tshwane Metro gewaarsku dat hy die nasionale bouregulasies “blatant” oortree. Die DA raadslid vir die wyk, Arnold van Niekerk, sê brand-, gesondheids- en veiligheidsregulasies word ook nie nagekom nie en dat Nel nog altyd daarmee weggekom het.

Tog lyk dit of die Tshwane Metro nou ernstig probeer om teen die park op te tree. Daar is verlede jaar – onder druk van Du Toit se prokureur, Latham Dixon van die firma Macintosh, Cross & Farquharson – dagvaardings uitgereik teen Nel en die boedel van die ander eienaar. Dis ʼn siviele geding en Nel het verdediging aangeteken.

Glybane by die ZambiBush-oord in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die saak is nou hangende in die hooggeregshof in Pretoria wat beteken dat die park steeds oop is en dat honderde kinders veral oor naweke daarheen stroom. Van hulle word selfs met busse aangery en is waarskynlik onbewus van die hangende hofsaak.

Nel sê egter dat hy nog altyd oop kaarte met die munisipaliteit gespeel het en steeds met verskeie departemente oor die hersonering van die grond onderhandel. Sy aansoek is voorheen afgekeur omdat een van die hoewes waarop die park gebou is nie wettig aan hom behoort nie. Dis deel van ʼn onberedderde boedel wat sedert 2014 sloer.

Noseweek het ook sewe skriftelike vrae aan Nel gestuur waarop hy as volg geantwoord het (verbatim):

Ek plaas op rekord dat die eienaars van Zambibush aansienlike publieke aanspreeklikheid versekering dra en dat die eienaars van Zambibush ten alle tye die versekeraars moet betrek en op hoogte hou van aangeleenthede wat die polisse moontlik mag beïnvloed.

Ek plaas op rekord dat die ongegronde beweringe wat jy in paragraaf 1 tot 7 maak nie korrek is nie. Ek plaas verder op rekord dat aangesien jy my telefonies daarvan in kennis gestel het dat jy in besit van beëdigde verklarings is wat die beweringe ondersteun, ek vanselfspreeklik, nie sulke beweringe, eerstens sonder die versekeraars kan hanteer nie; verder kan ek ook nie beweringe hanteer indien jy nie die kopieȅ van hierdie beweerde beëdigde verklarings aan my beskikbaar stel nie.

Jy het ook telefonies bevestig dat jy bewus is van die hangende litigasie tussen Zambibush en Tshwane Munisipaliteit. Ek is dus ook nie bereid on aantuigings te hanteer sonder dat ek die beëdigde verklarings gesien het nie, aangesien dit Zambibush in die hangende litigasie mag benadeel [sic].

Lees meer by www.noseweek.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Justice ·

Uitstekend nagevorste en insigewende berigewing deur die joernalis.

Gert de Jager ·

Vraag nommer een: is daar toestemmingsgebruik deur Tshwane vir die oord. Voldoen dit aan die stad se sonerings, bou en veiligheidsregulasies. Indien nie, MAG dit nie in bedryf wees nie! PUNT!!

Ander Gert ·

Dit klink uit Nel se antwoord of hy meesal in sy assuransie belangstel.

Santjie ·

Maar dan IS jy mos besig met ‘n onwettige bedryf!! Jy kan mos nie op ‘n ander mans se grons sommer staan en bou omdat hy nie meer daar is nie? How erk jou kop?

NOEKS ·

Ek stem saam Lolla, as daar daardie betrokke dag niks met die seun gebeur het nie, sou die ouers nog steeds die oord kwalik geneem het deurdat hulle nie n wettige bedryf was nie. Hoe kan die oord verantwoordelik wees as die kind sy kop gestamp het. As hulle wettig was, wat sou gekeer het dat hy sy kop gestamp het.

Adrie Smit ·

Lalie; sou jy dieselfde antwoord gegee het as dit jou eie kind was. Ek nooi jou uit om asb voor hierdie ma te staan en vir haar dieselfde vraag te vra. Jy het geen idee wat dit is om ‘n kind te verloor aan ‘n besigheid se nalatigheid nie.

Soltykat ·

Ek verstaan die pappa se seer, maar nou wil hy ander onskuldige mense ook benadeel en seer maak. Hoeveel mense gaan, as die deure sluit, hulle werk verloor? waar gaan hulle in vandag se tyd weer vinnig ‘n werk kry. Dit is baie hartseer maar niks gaan jou seun kan terugbring nie

net gesels ·

Ek verstaan wat jy se… Die Pa het duidelik van dag 1 gese hy doen dit om ander ouers se kinders te beskerm ek sou dieselfde doen. Duidelik kan jy sien dat die Nel nie weet wat hy doen nie. Hulle moet kyk as hulle daaglikse inspeksies gedoen het en is op rekord hul health & Safety policies (natuurlik) en die nodige Nood dienste (First Aid) aan diens is voortans hul die deure wil oop. 2 – 3 First aiders beslis nie genoeg vir so plek nie. Ek ondersteun die Du Toit familie 100% maak die plek net toe.

Divan ·

Ek hoop noseweek ondersoek ook Cedar Junction aan die ooste van Pretoria wat n soortgelyke oord is en soos ek verstaan aan dieselfde eienaars behoort. Inligting wat met die publieke deelname verkry is dui daarop dat Cedar Junction ook onwettig bedryf word op landbou grond.

GM ·

Wraak gaan ongelukkig nie die kinders terugbring nie.

Die ouers moet besef hulle is netso aandadig soos die oord. Waar was die ma toe die seun verdrink het? Meeste los hul kinders sonder toesig, en dis nie die oord se verantwoordelikheid om jou kind op te pas terwyl jy ontspan nie.

Wat die ander kind aanbetref – as my kinders hul koppe hard teen ‘n glybaan gestamp het, gaan ek nie dat hul weer so gou daarna daar afgly nie. Hoofbeserings moet gemonitor word. Hoeveel kinders voer allerhande toertjies uit by sulke plekke sonder dat die ouers hul dissiplineer en dan wil die ouers agterna almal anders blameer as iets foutgaan? Die oord moet wel noodpersoneel aan diens hê.

Ek wil nie onwettigheid goedpraat nie, maar aan die een kant voel ek dat duisende kinders daar speel, ‘n handjievol word beseer, en nou word daar geskree: ‘maak toe’. Daar is alreeds te veel winkelsentrums en te min onspanningsplekke. En werkloosheid is alreeds so hoog, nou gaan nóg mense sonder werk sit. Ek sien ook nie dat die munisipaliteite kla oor al die onwettige nedersettings nie – maar daar is altyd verskillende reëls vir verskillende mense nè? Dalk moes hy ‘n bordjie opsit om sy probleme te laat verdwyn- daar word immers ‘highjacking zone’-bordjies op ons paaie opgesit, dan het almal mos hul werk gedoen.

Leonie ·

Ek lan voor die ma staan en se ….vergewe jouself …om ander mense se kinders nou te wil red…..en n man se lewe verwoes gaan nie jou kind terug bring of jou beter laat voel….net tyd sal leer…..iets sterf binne jou saam jou kind..hy of sy was elkedag van geboorte tot Die dag deel van jou 24/7……laat die owerhede hulle wette toe pas……jy mag huil…jy mag kwaad wees….maar om ander te vernietig gaan nie besusting gee….glo my …is 2 keer deur dit…vergewe jouself verwat ook al jy mee sukkel en “leef en laat leef”…wees dankbaar vir die tyd saam en lewe elkedag vir die wat saam jou is

regtig ·

weet jy…. ons was al by die oord en my kind het dit tog so geniet. Partykeer ruk ons as ouers die dam onder die eend uit. as niks met die kind gebeur het nie, sou die mense kerm hulle kry nie plek geboek by die oord nie

smurfie ·

Ai regtig. wonder sommer of jy dieselfde gevoeloose kommentaar sou lewer as dit jou kind was. Sjoe jys tog n ouer, sou dink dat jy dit sou verstaan. As jy mooi lees, is daai glybaan nie op standaart nie, en dit het dan defnitief OOK n invloed op die ongeluk

Tersia ·

Ons was ook al daar en ook van die glybane gebruik gemaak die glybane is baie swak gelas my swembroek het n skeur ingehad daarna. Dit is baie swak aanmekaar gesit, die een swembad se bodem kan jy nie sien nie so melkerig is die water en dit is waar die kind verdrink get. Daar is ook geen lewensredder daar nie. Daardie dag het daar net iemand gesit met die speaker kliphard en net af en toe na die kiddies glybane gekyk geen belang in die swembad gehad nie.
Ek het n review gesit oor ons ondervinding en dit is net ignore.
Ons het besluit ons ry liewers warmbad toe in die vervolg al sit zambibush om die hoek want tussen die nalatigheid is daar die alkohol wat ingebring word coolers of coolers teen 2 uur is daar mense gesuip ongeag of daar kinders is of nie.

Tersia ·

Baie jammer met U verlies dit is tragies laat die gereg Sy gang gaan en die nodige ondersoeke afgehandel word DAT die oorsaak op standaard Kom met die nodige opgeleide personeel en sekerheid vd KINDERS in plek daar Moet ten Alle tye inspeksie wees en supervisie dit Bly tragies die gebeure maak Nie saak waar dit gebeur Nie

Rerig ·

Het julle die berig gelees, daar is al 2 kinders dood, en selfs groot mense beseer, moet dit met een van julle kinders gebeur voor julle saam stem. Maak die plek toe

LD ·

Ek stem! Klink my die Nel ou doen maar net wat hy!! Maak die plek toe!

Netso ·

As ek sien wat oral in die wêreld se waterparke staan kan ek nie glo dat hierdie plek nou gebrandmerk moet word nie. As daar iets van moes kom dan sou daar! ñ Storie het twee kante los nou die plek dat ons dit kan geniet in die somer asb?

Elna ·

N saak het altyd 3 kante. Jammer vir die Du toit gesinnetjie wat hulle seun op so hartseer manier verloor het ek voel almal se pyn wat n kind hierdeur verloor het of iemand wat beseer is. Sal iemand wat al by die oord was dalk net kan bevestig of daar waarskuwing tekens op was wat byvoorbeeld se:” Gebruik glybaan op eie risiko die eienaars van die oord sal nie verantwoordelik gehou word vir enige beserings ens ens ens …” was daar iewers so bord op gewees?kan iemand ons dalk se?

haasie ·

Sjoe Elna, jys seker nie n ma nie?
En as jy is gee jy seker nie veel om nie. Hoop regtig nie, so iets gebeur eendag met Joù
Gesinnetjie nie!

Hannes De Beer ·

Onskuldige mense?
Is dit nie vir die hof om daaroor te besluit nie?

Mariaan ·

Maak dit wat gevaarlik en nie op standaard is nie REG…dan kan almal mos veilig voel…dan het kinders mos nie “verniet” gesterf nie…tragies! Maak die plek veilig…hoef nie toe te maak nie…maar besef tog standaard is op vd slides nie reg nie. Jammer vir die ouers…ek sou ook iets aan die saak wou doen as dit my kind was

GM ·

Twee kinders is dood (en dis vreeslik hartseer) en ‘n paar is beseer, dit terwyl duisende kinders tot dusvêr veilig daar was. Waar was die ma toe die kind verdrink het en hoekom het die ander ma toegelaat dat die kind weer by die glybaan afgaan nadat die kind reeds sy kop gestamp het? Ouers kan nie al die blaam op die oord wil pak nie. En om uit weerwraak die plek te laat sluit, gaan ongelukkig nie een van die kinders terugbring nie.

Stephan ·

Daar is al duisende mense dood in voertuig ongelukke!! Verban al die voertuie !!
Dit is hartseer maar persentasie gewys is die beserings en dood absoluut minimaal…..

Adrie Smit ·

Ek vra jou of jy dieselfde antwoord sou gee as dit jou kind was. Ek nooi jou uit om voor hierdie ma te staan en met haar te praat oor ‘n onwettige besigheid se nalatigheid wat haar kind se dood veroorsaak het.

Reinhardt ·

As die grondgebruiksregte (hersonering) nie in plek is nie, en die Metro het nie die bouplanne van al die relevante strukture op die perseel goedgekeur nie, dan oortree die eienaar die dorpsbeplanningskema en die nasionale bouregulasies. Die Metro het die bevoegdheid om, onder die relevante wetgewing, die eienaar te stop en/of ʼn interdik te bekom om hom te stop. Waarom het die Metro destyds in hul plig versuim?

Dit wil nou voorkom asof al die blaam op die grondeienaar gepak word, maar ek is van mening dat die Metro ook vervolg moet word… hulle is immers die reguleerders. Ek is bevrees die inhoud van hierdie berig is net die oortjies van die seekoei.

Zaks ·

Hoogtyd n ouderdomsbeperkings inkom in publieke plekke waar N KIND EN N VOLWASSE aan DIESELFDE ding deelneem of geniet veral gewaagde spots of plesier. As n volwasse man daar weg kom met n harde stamp of sny, wat van n kind ….come on!! Herskryf n wet op sulke plekke.

Justice ·

Lalie, wonder of jy deel van die oord se eienaars is – hoe kan jy aanneem ouers het nie na hul kinders gekyk nie, was jy daar al die kere wat iemand seergekry of tragedie plaasgevind het? Moet elke ouer saam hul kind of ander volwassene bo-op ‘n glybaan klim en afgaan of in ‘n swembad klim en seker maak die drein suig hul nie vas nie? Bottom line….oord is onwettig opgerig en voldoen nie aan o.a. nodige veiligheid standaarde nie. As dit my kind was, het ek dieselfde gedoen. Eienaars slaan munt uit onwettige bedrywighede en is heeltemal bewus van wat hul doen. Maar as die geld inrol, wie gee om as onskuldige mense seerkry of doodgaan? As jy buite die wet wil optree moet eienaars aanspreeklik gehou word vir hul dade. Ons het een keer die oord besoek en ook na ‘n besering op ‘n glybaan die oord verlaat en nooit weer besoek nie. As ek vooraf geweet het die oord voldoen nie aan nodige veiligheids regulasies nie, het ek die plek in die eerste plek nie eers besoek nie.

Lalie ·

Justice, ek was daar as gas. Van die kinders le op hul mae in die water met geen ouer naby nie. Die kind lyk of hy / sy aan die slaap raak. As ons nie help dan verdrink daai kind. Wie se skuld is dit dan?

Magaretha van heerden ·

Sal graag wil weet watter veiligheidsreels oortree is. Klink vir my na n heksejag omdat mense dit wat gebeur het nie kan verwerk nie. Ongelukke gebeur. Niemand gun iemand iets nie. Nou vergeet hulle die plesier wat die mense daaruit geniet in die somer. Kinders is maar kinders en ouers moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir hul kinders. Moontlik kon niks die ongeluk verhoed het nie.

Summie ·

Dis waar ja, ongelukke gebeur, maar as dit nalatigheid vd oord was is dit ‘n ander saak. Daar is baie streng reëls en regulasies wat diebou van ‘n glybaan aanbetref en n’ engineer moet gewoonlik ook betrokke wees .

Christa ·

So jammer vir Groot verlies. EK Weet hoe dit voel, EK is daardeur. Maar Moet nie jou hartseer almal on jou benadeel nie. Niks Gaan jou kind terugbring nie. Dis nie die oord se skuld dat Sy kop gestamp het nie. Koester liewer Elke gelukkige oomblik wat jou kind gelukkig gemaak het. Hyt dit sekerlik op die glybaan geniet. Herleef Sy laggies en vreugde. Leef en laat leef.

Heinrich van Zyl ·

Ek twyfel of ek ooit so ‘n tipe oord sal bedryf.
Indien ek egter ooit besluit om ‘n kampeerterrein, restaurant of ontspanningsoord te open, sal dit slegs vir volwassenes wees.
Waar daar kinders is, is die kanse vir probleme net groter.
Ek sal nou wel minder geld maak, maar die ekstra rus, vrede en gemoedsrus sal daarvoor opmaak.

Gatvol ·

Was die departement van Arbeid betrokke by n ondersoek?Nader die inspektoraat van Beroepsveiligheid en Gesondheid in PTA

MJP ·

Dis verskriklik hartseer maar sien nie hoekom die oord blameer moet word daarvoor.As niks gebeur het nie sou die ouers seker weer na die tyd soontoe gegaan het.Legal of nie.Jy kan nie die oord blameer nie.Enige iemand kon hul kop gestamp of verdrink het.Dis die ouers se verantwoordelikheid om seker te maak of enige plek veilig is of nie vir die kind(ers).Veral as dit by glybane en swembaddens kom.Om so te sê ‘wraak’ te neem deur jou eie pyn kan nie die kind terug bring.

Annemarie ·

Ek is n enkel mamma. Ek het self eendag afgegaan by die geel glybaan voor my kind. Die ou het gese bo ek moet op my rug le. Toe ek daai eerste draai vat toe hop ek en het amper my voorkop gestamp teen bookant v glybaan. Ek het baie glybane in my lewe gery maar iets voel net nie neg met daai een op daai een plek nie. Ek het my kind v res v ons besoek daai dag verbied om op daai glybaan af te gaan.

Hanlie ·

Ons was ook al daar gewees een jaar en ek het ook my kop op die blou glybaan gestamp. Ek het vir my kind gesê sy moet weg bly van die Slides af. Ons het later die dag in die lazy river gaan swem en my kind en my vriendin se kind is onder die water gedruk omdat mense onverskillig swem hulle het amper verdrink daai dag. Daar was geen lifeguards nie en die plek was so oorvol. Ons het toe 2 uur opgepak en geloop. Was al by ceder junction ook en dit was wonderlik. Daar is beheer oor die swembaddens en n lifeguard by elke swembad. Nie oorvol gewees nie. Die Slides was kinder vriendelik en hulle swembaddens was mooi skoon waar zambibush se swembaddens nou we so vuil was ek kan dink hulle het nie daai kind gesien nie want dis vrek vuil daar.

Vanessa ·

Ek self het my kop frek hard gestamp op die einste glybaan.
Was die hele dag siek. En kon nie verder myself geniet nie.

Summie ·

Dis so tipies SA, as dit in enige ander land of eerste wêreld land gebeur het was die plek al laankal gesluit tot verdere ondersoek !! Hoeveel kinders moet nog sterf voordat hulle wakker skrik ?

Anoniem ·

Daai glybane lyk glad nie vor my gevaarliker as enige ander glybane nie. Dit was n ongeluk. Jammer oor jul verlies maar geen vendetta gaan jul kind terugbring nie. Geld in die sak wel… masr nie jou kind nie. Oord sluit gaan niks help nie.

AM ·

Ek kan nie glo dat mense só redeneer nie! Ek is bly ek weet nou dat die plek moontlik nie aan nodige wette en regulasies voldoen nie. Of my kind nou die glybane sou geniet of nie, oor my dooie liggaam vat ek hom soontoe!

Robert ·

AM moenie alles glo wat jy lees nie, baie nuus in die media is sensasie gedrewe, ek persoonlik het maar altyd bietjie sout byderhand as ek goed lees

Piesang ·

Ek besef net weer as ek na sommige kommentare kyk dat daar maar min mense in ons land is wat die vermoë het om realiteit raak te sien of vir hulleself kan dink. Die ergste is dat mens die lewe saam met sulke patete moet deel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.