Plaasmoorde en die pad vorentoe

plaas-noordwes

Argieffoto: Johni Edwards

Plaasmoorde is vanjaar reeds vroeg in die kollig na afloop van die grusame moord op Hannes en Ester Kidson (albei 69), wat op 13 Januarie op hul plaas tussen Westonaria en Jachtfontein gemartel en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Nóg ʼn egpaar, Richard en Anita Wiggill, albei in hul 70’s, is vandeesweek op hul plaas in Haenertsburg in Limpopo in hul plaashuis aangeval.

Gemiddeld 70 mense sterf jaarliks in plaasmoorde wat dikwels met marteling en brutaliteit gepaardgaan.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in die lig van dié vergrype reeds in 2008 met protesaksies teen plaasmoorde begin. ʼn Memorandum is in dieselfde jaar aan die polisie oorhandig om ondersoek in te stel na die rol wat politici se haatspraak teen boere speel om mense op te sweep om boere te vermoor.

Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is besluit om met bewusmaking en ander veldtogte, plaaslik en internasionaal, teen plaasmoorde en -aanvalle te begin weens die regering se stilswye en oënskynlike miskenning van die wrede misdade.

Nathi Mthethwa, vorige minister van polisie, het in ’n stadium gesê AfriForum en ander se versoeke vir die prioritisering van plaasmoorde kom neer op ’n rasse-agenda en dat boere nie “goue seuns en dogters” is wat op spesiale behandeling geregtig is nie. Hy het aangevoer die polisie het ʼn omvattende landelike veiligheidsplan en dat dit nie sin maak om plaasmoorde te prioritiseer nie.

Annette Steyn, DA-LP en woordvoerder oor landbou, bosbou en visserye, het gesê die party het ook herhaaldelik gevra vir maatreëls om die krisis rondom landelike veiligheid aan te pak. Sy het onlangs weer benadruk dat diegene wat in landelike gebiede bly besonder kwesbaar is en in gevaar verkeer.

Ondanks die SAPD se “omvattende landelike veiligheidsplan” het TLU SA en AfriForum se gemeenskaplike navorsing oor plaasmoorde bevind dat daar tussen 1990 en 2016 reeds 1 849 boere vermoor is.

Die navorsing het ook bevind dat ander misdade wat saam met plaasmoorde gepleeg word moord, poging tot moord, verkragting, aanranding, gewapende roof, intimidasie, brandstigting en saakbeskadiging insluit.

AfriForum het tussen 2012 en 2016 verskeie veldtogte in die stryd teen plaasmoorde aangepak:

  • In 2012 is die veldtog verskerp en uitgebrei om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar. Die regering is ook deur die burgerregte-organisasie versoek om spesialiseenhede vir landelike beveiling daar te stel.
  • In 2013 is ʼn verslag bekendgestel waarin die growwe nalatigheid van polisiebeamptes blootgelê is rondom die ondersoekwerk van plaasaanvalle en -moorde. Dié kwessie is ook vir die eerste keer na die VN geneem.
  • In 2014 is ʼn verslag oor die brutaliteit van plaasmoorde bekendgestel en ’n petisie met 60 000 handtekeninge teen plaasmoorde is aan die polisieministerie in Pretoria oorhandig.
  • In 2015 is ʼn tienpuntplan by die Menseregtekommissie (MRK) se openbare verhore oor plaasmoorde bekendgestel. In dieselfde jaar het die burgerregte-organisasie Lorraine Claasen, ʼn navorser en kriminoloog, aangestel om omvattende navorsing oor plaasmoorde te doen. Claasen en Roets het Australië ook besoek om die plaasmoordkwessie te internasionaliseer.
  • AfriForum was ook in 2015 betrokke by die film Treurgrond wat die werklike omvang van plaasmoorde en -aanvalle uitgebeeld het.>
  • In Mei 2016 is ’n geskiedkundige ooreenkoms tussen die burgerregte-organisasie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gesluit, waartydens lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, aangekondig het dat die SAPD met AfriForum wil saamwerk. Hy het ook bevestig dat die SAPD op ʼn proaktiewe wyse dié unieke misdaad sal hanteer.

Plaasmoorde is dus as ʼn prioriteitsmisdaad verklaar en verskeie samesprekings het tussen die burgerregte-organisasie en plaaslike polisie plaasgevind met die doel om standaard operasionele prosedures op te stel waarvolgens die polisie ’n mandaat kan aanvaar om met alle gemeenskapsveiligheidstrukture saam te werk om moorde stop te sit.

AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) het ook einde verlede jaar tydens ’n mediakonferensie die jongste syfers vir plaasmoorde en -aanvalle bekendgemaak. Dit het daarop gedui dat daar tussen Januarie en einde November 2016 sowat 334 plaasaanvalle en 63 plaasmoorde landwyd was, ondanks ’n beduidende getal aanvalle wat danksy polisieteenwoordigheid afgeweer is.

Spesifieke elemente wat ten opsigte van die 2016-plaasaanvalle en -moorde ook tydens die konferensie onthul is, sluit in: die toename in uitermatige wreedheid van aanvalle; die gevalle van verkragting of poging tot verkragting wat tydens plaasaanvalle in 2016 aangemeld is; die tye en dae wanneer plaasmoorde gepleeg word; asook die voorsorgmaatreëls wat boere kan tref om meer paraat teen aanvallers te wees.

Genl. Chris van Zyl, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het sy kommer uitgespreek oor die voortslepende dreigemente rondom grondbesettings, die toename in die vergiftiging van vee asook die klaarblyklike gebruik van tegnologie om boere se alarmstelsels en selfone tydens aanvalle buite werking te stel.

Volgens Van Zyl is daar ongetwyfeld ’n verband tussen die land se politieke klimaat en die aantal plaasmoorde wat gepleeg word. Hy is ook van mening dat misdaadintelligensie ’n sleutelrol moet begin speel in die stryd teen plaasmoorde en -aanvalle.

Volgens prof. Rudolph Zinn, ʼn senior lektor aan Unisa se skool vir polisiepraktyk, het misdadigers wat by ʼn navorsingstudie betrokke was, gesê dat sigbare polisiëring soos patrollies deur gemeenskapslede beslis ’n afskrikmiddel is en die kans van ’n aanval of rooftog met tot 68% laat afneem.

Verskeie ander kundiges soos Lucas Swart, ʼn kenner van plaasveiligheid, en organisasies soos TLU SA het al talle veiligheidswenke en inligting oor plaasmoorde gedeel. Dit sluit in:

  • Beperk die hoeveelheid kontant en vuurwapens wat in jou besit is. Albei kan jou ʼn teiken maak vir ʼn rooftog.
  • Wees op die uitkyk vir roete-aanwysers wat dui op enige voorafkenning van die gebied soos klippe, stokke of sakke.
  • Gebruik slegs betroubare alarmdiensverskaffers en programmeer dit só dat die alarm ʼn sein na sowel die beheerkamer as ʼn buurman stuur.
  • Raak betrokke by ʼn plaaswag, buurtwag of enige tipe gemeenskapsveiligheidnetwerk wat gereeld die omgewing patrolleer.
  • Neem in ag dat sekere rowers toegang het tot gesofistikeerde tegnologie wat by die frekwensies van tweerigtingradio’s kan inskakel om uit te vind wanneer patrollies plaasvind. Daarom is dit belangrik om die frekwensie van die radionetwerk jaarliks te verander.
  • Neem die tye en dae in ag wanneer plaasaanvalle die meeste plaasvind. Volgens navorsing vind aanvalle die meeste plaas in die aand en oor naweke omdat rowers dan kluissleutels by boere kan kry.
  • Indien jy jouself moet verdedig, bly binne die wet. Jou verdediging moet in “redelike verhouding” tot die aanval wees.

Ondanks die toename in plaasmoorde is AfriForum steeds optimisties oor die positiewe invloed wat hul samewerking met die polisie vanjaar vir die voorkoming van plaasmoorde kan beteken.

AfriForum en die SAPD het op 16 Januarie 2017 ʼn geskiedkundige samewerkingsooreenkoms onderteken waarin die SAPD erkenning aan AfriForum gee as ʼn amptelike teenmisdaadvennoot.

Die burgerregte-organisasie, wat tans sowat 90 buurtwagstrukture landwyd het, het reeds verskeie veiligheidsveldtogte op plaaslike vlak in samewerking met die polisie aangepak om misdaad in veral landelike gebiede te bekamp.

AfriForum beplan ook om vanjaar verdere bewusmaking op plaaslike en internasionale vlak te doen in die stryd teen plaasmoorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

16 Kommentare

Theresa B ·

Ek hou daarvan dat julle positief is, maar daar moet iets ander wees wat die gemeenskap kan doen. Op die polisie vertrou ek nie. Hulle bak net mooi broodjies en wil goed lyk, maar glo my hulle voel ‘n veer vir ons arme boere.

Peet ·

Dit is alles goed en wel, dankie aan almal betrokke. Maar ek mis die stukkies raad om selfvedediging en noodhulp te leer. As die polisie ‘n krimineel vang is dit meeste van die tyd na hy jou klaar vermoor het, dit help die slagoffer net mooi niks – en baie duidelik werk die wet nie as ‘n afskrikmiddel nie. So die logiese ding om te doen is om ook te leer hoe om jouself effektief te verdedig, en as jy dan seerkry hoe om bloeding te stop etc. tot jy by die hospitaal kan kom.

Alida ·

Peet installeer goeie alarms dra die paniekknoppie om jou nek jou hele gesin dag en nag. Dit is vreeslik om so te leef maar wat anders.

Rynhardt ·

Die vryheidsmanifes spel uit dat die blankes geen plase mag besit nie, daarom is dit geen verrassi g dat plaasmoorde met mening toeneem nue.SA is enigste land ter wereld waar witboere uitgemoor word.Ek het verskeie kere in verlede vir hoofstroommedia, sover as 2010 uitgespel en gese wie agter die moorde sit.Wat was die gevolg? Sensuur teen my.Afriforum, vind julle na 23 jaar nie dit vreemd dat geheime agentskappe nie kan se wie en wat agter die plaasmoorde sit nie???? Anc gaan niks doen om die moorde op wit boere stop te sit nie, Afriforum!!

Jan S ·

Siende dat kluise dikwels rowers trek – die tipiese kluis sleutel is nogal kenmerkend. Moet tog nie vir almal adverteer jy’t ‘n kluis deur dit oop en bloot aan jou bos sleutels te dra nie. Maak liefs ‘n plan om dit iewers buite sig te dra.

Willem ·

Peet jy het n goeie punt daar ek bly in n dorpie wat die boere self n buurtwag en reaksie eenheid gistig het self kameras wat 24 gemonitor word geinstaleer ek was betrokke met die eerste self verdediging opleiding en vir die groep boere werk dit uitstekend

Willem ·

N plan om die sap meer ‘visable’ temaak op die plase maak n ooreen koms van gratis koeldrank koffie en takeaways as hulle jou plaas besoek ek was lank op die pad on die aand en by 24h besighede waar daar gratis koffie was daar was altyd sap voertuie

Koos1 ·

Willem, Ek verstaan jou seining, maar dit gaan nou weer ‘n ander problem skep. Plase is ver uit mekaar en as die lede plase besoek en iets kry om te eet of drink kan dit as ‘n omkoop geskenk gesien word. Die mense in die dorpe en plakkerkampe sal dan hulle “toys” gooi, want die SAPS is heeldag op plase!
Ek weet wel van ‘n hele paar plekke in groot stede wat dit doen, maar dit word nie aan die groot klok gehang nie, juis om die besighede en SAPS lede te beskerm.

JP ·

Omvattende landelike veiligheids program?! Wat ‘n grap. Daar is geen polisierinf. Bel jy oor ‘n misdaad is jy gelukkig as hulle uitkom. Kom hulle uit is dit 2 dae later net om die papier werk te doen en dan sommer dadelik die dosier toe te maak. Die polisie en regering is baie goed met praat en planne maak maar as dit by die doen kom gebeur net mooi niks!

Theresa B ·

En as die boere in staat is om hulself te verdedig en skiet die rowers wat hulle sonder om te blik of bloos te vermoor – word hulle aangekla. Ag en moenie vir my kom sê dis roetine nie. Hoekom moet die mense op die plase deur al hierdie hel ook nog gaan van aangekla word ens.

Jan maak n Plan ·

Eerstens, as ‘n persoon of persone my perseel of woning betree en ek die indruk kry dat hy of sy of hulle daar is om nie te kuier nie sal hy of sy of hulle nooit die son weer sien nie.
Tweedens dra plaasmoorde die goekeuring van die regering weg anders sou die regering opgetree het soos die Ysland se regering waar een jong vrou klaarblyklik vermoor is of soos wanneer iemand na aan die regering vermoor word.

humor ·

Nog n voorstel is dat so ver moontlik huisbediendes vermy moet word. Bere nie jou vuurwapens in jou kluis nie. Om hul om die bos te lui plaas vuurwapens in die kluis wat buite werking is.

Nita ·

Plaasaanvalle is terrorisme. As die regering enige wil het om die land n veiliger plek te maak, sal hy die weermag begin gebruik om patrollies uit te voer. Hulle moet ook aangewend word waar bendes hoogty vier. Mense word daagliks op straat doodgeskiet. Die kriminele oormag raak die polisie baas. Laat die weermag hul kos begin verdien.

aloys ·

al vanaf 1994 het die boere en witmense op die platteland kon weet dat hulle gaan swaar kry. Na 23 jare het niks verander nie en gaan die barbaarse moorde steeds door. Dit sal beter wees om meer blankes te huisves op die plase en by platteland huise. Daar is baie arm blankes wat betroubaar hulle werk kan en wil doen en dit sal beslis afskrik. Daar is min tyd oor.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.