In SA word meer vermoor as wat op pad sterf

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar die moordsyfer die aantal padsterftes oorskry, volgens ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIR).

Volgens die SAIR se verslag was die 2010/11 moordsyfer 32 per 100 000 mense terwyl die aantal padsterftes vir dieselfde tydperk op 28 per 100 000 staan. Dit is volgens inligting van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Padverkeerbestuurskorporasie. ʼn Woordvoerder van die SAIR se navorsingsdepartement, Kerwin Lebone, sê Suid-Afrika se moordsyfer tot padsterftes verhouding is teenstrydig met die ander wêreldlande. “Internasionale data wys daarop dat padsterftes altyd hoër is as die moordsyfer regoor die wêreld. Padsterftes is gewoonlik drie keer hoër as die moordsyfer in Amerika terwyl padsterftes sowat tien keer meer is as die moordsyfer in Pole.” Limpopo en Mpumalanga is die enigste provinsies in Suid-Afrika waar padsterftes die moordsyfer oorskry. “Die feit dat ons moordsyfer die padsterftes oorskry beteken egter nie dat die padsterftes laag is nie maar dat ons hoë moordsyfer nog hoër is as ons padsterftes. Suid-Afrika se padsterftes is die ergste in vergelyking met 31 ander lande terwyl die moordsyfer tweede hoogste is uit 190 lande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.