Inbreker skrik vir man wat hang; bel polisie

ʼn Inbreker in Nieu-Seeland het homself aan die polisie oorgegee toe hy hulle geskakel het nadat hy op ʼn man in ʼn huis afgekom het wat homself opgehang het.

Die 26-jarige man het glo só geskrik dat die polisie besluit het om hom nie van inbraak aan te kla nie, veral omdat die man se liggaam moontlik vir dae lank nie gevind sou word nie. Die huis is in Hamilton, Nieu-Seeland geleë.

“Hy het baie groot geskrik,” het senior sersant Freda Grace, woordvoerder van Hamilton-polisie, gesê. “Aangesien hy die polisie in kennis gestel het, het ons hom in hegtenis geneem, maar besluit om hom nie aan te kla nie.”

Bure het glo self ook die polisie ontbied nadat hulle die man se gille gehoor het. Hulle was onder die indruk dat dit ʼn huishoudelike onderonsie is, het die plaaslike media in Nieu-Seeland berig.

Grace sê die man wat selfmoord gepleeg het, is nog nie uitgeken nie. Hy is glo ure voor die inbraak oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

ja die ou wil mos die duiwel se opdragte uitvoer.Dalk laat hierdie insident hom bekeer. Dit was nou die blinde sombok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.