Inbreker sterf na huisroof

ʼn Inbreker is die naweek in Plettenbergbaai tydens ʼn konfrontasie met die polisie dood nadat hy by ʼn 70-jarige vrou se huis ingebreek het.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, sê dit is nog nie duidelik of die inbreker selfmoord gepleeg het en of hy deur die polisie doodgeskiet is nie. Steyn sê die inbreker is aan ʼn kopwond dood kort nadat hy Saterdagaand die bejaarde vrou beroof het. “Die verdagte het die vrou met ʼn mes aangehou en kontant en ʼn vuurwapen geëis waarna hy die huis geplunder het. Hy het ook die kluis wat in een van die slaapkamers was uit die muur geruk en oopgebreek.” Die inbreker het ʼn 7.65mm-pistool uit die kluis gesteel sowel as talle huishoudelike items waaronder ʼn skootrekenaar en selfoon. ʼn Veiligheidsmaatskappy en die polisie is ontbied en die inbreker is by ʼn leë huis langs die bejaarde vrou se huis aangetref. “Die verdagte het glo op hulle losgebrand waarna hulle teruggevuur het.” Die man is op die toneel dood. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hans Onrust ·

hopelijk is de vrouw ongedeerd en vergroot de politie de inbreng van wetshandhaving met alle middelen.

nergens ter wereld in geen enkele cultuur is er zo weinig respect voor ouderdom en wordt er zo mild opgetreden als er onschuldige slachtoffers in hun huis worden aangevallen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.