Inbrekers steek vrou agt keer met mes

‘n 22-jarige vrou het oorleef nadat sy Dinsdag agt keer deur inbrekers in ʼn huis in Johannesburg met ʼn mes gesteek is.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao Dennis Jones, sê die vrou was in haar ouers se huis in Noordheuwel in Krugersdorp toe twee mans met klampmusse ingebreek het. Jones sê die inbrekers het die vrou vasgemaak en vuurwapens geëis. Die inbrekers het die vrou hierna agt keer met ʼn mes gesteek voor hulle gevlug het. Die huis is oorkant die van die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.