Indiese diplomaat verlaat VSA na twis

Devyani Khobragade Foto: Reuters

Devyani Khobragade. Foto: Reuters

‘n Peroneellid van die Indiese konsulaat in New York is onderweg terug na Indië nadat sy aangekeer is omdat sy glo vals visumbesonderhede oor haar huishulp verskaf het, en sy na bewering die huishulp ook minder as die Amerikaanse minimumloon betaal het.

Indië het hom op diplomatieke immuniteit vir die 39-jarige Devyani Khobragade beroep, wat nie deur die VSA aanvaar is nie. Indië het haar toe tot die Indiese afvaardiging by die VN toegevoeg, en sy het só diplomatieke immuniteit verkry. Die VSA het hierop versoek dat sy teruggeroep word.

Volgens Khobragade se regsverteenwoordiger keer sy na Indië terug met haar kop omhoog, en vol vertroue dat die waarheid sal seëvier.

Indië is ook boos dat sy na haar inhegtenisname glo aan deursoeking onderwerp is. Betogings van protes vind in Indië plaas waar geëis word dat Amerikaanse produkte geboikot word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.