Inflasie bly bestendig

Die verbruikersprysinflasie vir alle stedelike gebiede in Maart 2013 was 5.9% – onveranderd van Februarie.

Die 5.9% verteenwoordig die styging in pryse vanaf Maart 2012 tot Maart 2013.

Pryse het gemiddeld met 1.2% van Februarie 2013 tot Maart 2013 gestyg. Die VPI verteenwoordig die prysvlak van goedere en dienste waarop huishoudings hul inkomste spandeer. Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) het gesê kos en nie-alkoholiese drank se prysindeks het in Maart met 0.1% gedaal. Alkoholiese drank en tabak se prysindeks het met 2.8% gestyg, hoofsaaklik weens die styging in aksynsbelasting.

Die prysindeks vir behuising en dienste te make met behuising het van Februarie tot Maart met 0,8% gestyg, hoofsaaklik weens die 1.2% styging in huurgeld vir behuising. Die koste van vervoer het met 2.7% gestyg weens die petrolprysverhoging van 81c per liter.

Provinsies met ʼn jaarlikse inflasiekoers laer of gelykstaande aan die algemene inflasie was die Vrystaat (5.9%), Limpopo (5.9%), KwaZulu-Natal (5.8%), Noordwes (5.8%), Noord-Kaap (5.7%), Mpumalanga (5.7%), Wes-Kaap (5.6%) en die Oos-Kaap (5.5%).

Gauteng is die enigste provinsie met ʼn jaarlikse inflasiekoers hoër as die algemene inflasie teen 6.2%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.