Inflasie daal in Mei

Die verbruikersprysinflasie (VPI) vir alle stedelike gebiede het in Mei 2013 na 5.6% gedaal, het Statistiek SA Woensdag gesê.

Die koers is 0.3% laer as die ooreenstemmende jaarlikse koers van 5.9% in April 2013. Pryse het gemiddeld met 0.3% afgeneem tussen die twee maande.

Die VPI meet die veranderinge in die prysvlak van verbruikersgoedere en -dienste.

StatsSA sê inflasie op kos en nie-alkoholiese produkte het van 6.2% in April tot 6.4% in Mei gestyg. Die prysindeks vir behuising en dienste te make met behuising het met 0.1% gestyg. Die koste van vervoer het met 2% gedaal, hoofsaaklik weens ʼn petrolprysdaling van 73c per liter.

Provinsies met ʼn jaarlikse inflasiekoers laer of gelykstaande aan die algemene inflasie was Gauteng (5.6%), Mpumalanga (5.6%), Vrystaat (5.5%), Noord-Kaap (5.4%), KwaZulu-Natal (5.4%), Wes-Kaap (5.1%) en Oos-Kaap (4.7%).

Provinsies met ʼn jaarlikse inflasiekoers hoër as die algemene inflasie was Noordwes en Limpopo teen 5.8%.

Annabel Bishop, ekonoom van Investec, het gesê inflasie sal na verwagting in 2013 en 2014 binne die doelwit bly. “Die swak aanvraag in die Suid-Afrikaanse ekonomie in die tweede kwartaal van 2013 word in Mei se VPI-syfers reflekteer,” het sy gesê.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.